# Die man wat aangekla word van die moord op die 14-jarige Lukhona Fose in Gauteng is borgtog van vyf-duisend-rand toegestaan in die Roodepoortse Landdroshof. Die meisie se verminkte liggaam is in ‘n oop veld naby haar huis ontdek ‘n dag nadat sy verdwyn het. Sy is in Komani in die Oos-Kaap begrawe. Mduduzi Mnisi se vriendin, Pinky Gontsa, het verlede week getuig sy was by hom die dag toe Lukhona weggeraak het. Die verdediging hou vol daar is geen bewyse wat Mnisi regstreeks met die moord verbind nie.
Beskuldigde in Lukhona Fose-moordsaak borgtog van R5 000 toegestaan