# Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die senior ouditeur van die Stad Ekurhuleni, Mpho Mafole, vermoor het, het in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Die saak is tot 15 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Mafole is verlede maand in Kempton Park doodgeskiet nadat hy ‘n werkverwante vergadering bygewoon het. Die streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, sê die verdagte staan ook tereg op ‘n ander moordklag, met daardie verhoor wat vir volgende maand geskeduleer is:
Beskuldigde in Ekurhuleni moordsaak staan ook tereg in afsonderlike moordsaak in Augustus [KLANK]
ENG MjonondwaneOnAccused