# Die departement van Handel, Nywerheid en Mededinging sal beskermingstariewe op die invoer van warmgewalste staal hef ná die finale aanbeveling van Suid-Afrika se kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie. Tariewe begin in die eerste jaar op 13-persent, elf persent in die tweede jaar en nege persent in jaar drie. Die departement sê dit is om plaaslike vervaardigers teen ‘n onlangse toename in goedkoper invoere te beskerm. Dié tydelike maatreël sal die plaaslike bedryf kans gee om te herstel en meer mededingend te word. Vrystellings geld vir ontwikkelende lande met minimale invoervolumes.
Beskermingstariewe opgelê op invoere van warmgewalste staal