# ‘n Suid-Afrikaanse tegnologiemaatskappy, 7SecondSolar, sê dit is noodsaaklik dat digitale instrumente ‘n groter rol in die uitbreiding van sonkrag moet speel. Altesaam vyf-duisend-500-gigawatt se hernubare krag sal teen 2030 toegevoeg word, waarvan 80-persent sonkrag is. Die maatskappy het die 2025 Smarter E Europe-toekenning in die fotovoltaïese kategorie vir sy sagteware-oplossing ontvang. Die bestuurshoof van 7SecondSolar, Paul Nel, sê ‘n verskuiwing moet plaasvind oor hoe sonkragprojekte op nutskaal ontwikkel word.
Beroep vir groter rol van digitale instrumente in uitbreiding van sonkragenergie