Skip to content

Beperkte toegang belemmer humanitêre pogings in Kaapse Wynland

# Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit vra humanitêre hulp ná die verwoestende vloede in die Wes-Kaap. Woordvoerder Jo-Anne Otto sê duisende mense moes uit hul huise vlug en word gehuisves in gemeenskaps- en kerksale. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Gift of the Givers en die Heilsleër verskaf voorraad waar moontlik. Otto sê plaaslike sopkombuise en welsynsorganisasies bied ook hulp, maar die behoefte is groot en voorrade is min weens beperkte toegang.