# Die antieke Belgiese stad Brugge vra toeriste om op te hou om keistene uit sy geskiedkundige strate te steel. Die strate word deur UNESCO as Middeleeuse strate beskou. Die plaaslike politikus Franky Demon sê na raming verdwyn 50 tot 70 stene elke maand en dit kos gelykstaande aan vier-duisend-rand per vierkante meter om hulle te vervang en die skade te herstel. Hy het aan CNN gesê vermiste of los steentjies skep struikelgevare, en stadswerkers moet gereeld gestuur word om herstelwerk te doen.
Antieke Belgiese stad Brugge bekommerd oor keistene wat verdwyn