# Die bekende Suid-Afrikaanse jazz-fotograaf en politieke fotojoernalis, Rashid Lombard, is oorlede. Die 74-jarige Lombard het die Kaapstad Internasionale Jazz-fees gestig, wat toerisme ‘n hupstoot gegee het en werksgeleenthede geskep het. Hy het die fees gebruik om inklusiwiteit en ontwikkeling te bevorder. Lombard is vereer met die Orde van Ikhamanga in Silwer. Meer as 500-duisend van sy filmnegatiewe is nou in die argief van die Universiteit van Wes-Kaap opgeneem, waar sy merkwaardige nalatenskap bewaar sal word. Hy word onthou vir sy kragtige beelde wat Suid-Afrika se demokratiese reis en jazz-kultuur vasvang.
Bekroonde jazz-fotograaf Rashid Lombard is oorlede