# Die geliefde Suid-Afrikaanse akteur, natuurbewaarder en swerwer Ben Dekker het in die ouderdom van 86 gesterf. Hy het bekendheid verwerf in die televisiereeks Die Vlakte duskant Hebron as die woestynswerwer Ghaitshi Ghubi en het ook in rolprente soos Die Wildtemmer en The Outcast verskyn. Dekker het bosbou studeer voordat hy grade in Filosofie en Beeldende Kunste verwerf het. Hy het selfs op sy dag in ‘n verkiesing teen die destydse opposisieleier sir De Villiers Graaff te staan gekom. Dekker het sy laaste jare in afsondering op ‘n strand in Port St. Johns deurgebring.
Bekende akteur en swerwer Ben Dekker sterf op 86