# China het vandag sy hoogste waarskuwing vir reënstorms uitgereik, enkele dae nadat dodelike oorstromings dele van Beijing verswelg het en ‘n seldsame verskoning van ondervoorbereide amptenare tot gevolg gehad het. Die munisipale weerdiens het ‘n rooi waarskuwing uitgereik, die hoogste in ‘n viervlak-stelsel, wat swaar reën tot môreoggend voorspel. Die meeste dele van die stad sal na verwagting binne ses-ure oornag 100-millimeter reën kry, maar afgeleë gebiede kan tussen 150-mm en 200-mm verwag. Beijing is verlede week swaar getref toe minstens 44 mense dood is en nege vermis geraak het in oorstromings in die noordelike voorstede.
Beijing reik rooi waarskuwing uit vir nog swaar reën