# Die Vryheidsfront Plus sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se gewysigde begroting is ʼn oorwinning vir veelparty-demokrasie in Suid-Afrika. Die minister het probeer om die inkomstegaping te vul wat deur die geskrapte BTW-verhoging gelaat is en terselfdertyd die stygende staatskuldvlakke onder beheer te hou. Die VF Plus sê hy is tevrede dat sy voorstelle oor opbouende oplossings om ekonomiese groei te stimuleer en kostedoeltreffende staatsbesteding te bevorder, in die begroting aanvaar is.
BEGROTING: VF Plus is tevrede met minister Godongwana se gewysigde begroting