Skip to content

BEGROTING: Tesourie stel nuwe reëls voor om beheer oor staatskuld te verbeter [KLANK]

# Die Nasionale Tesourie het konsepwetgewing vir openbare kommentaar vrygestel, wat daarop gemik is om langtermynfiskale dissipline ’n formele deel van Suid-Afrika se openbare finansiële stelsel te maak. Die voorgestelde fiskale anker sou van elke nuwe administrasie vereis om sy eie finansiële doelwitte te stel in ooreenstemming met sy verkiesingsmandaat. Elke administrasie sal dan enige beduidende afwykings daarvan aan die Parlement moet verduidelik. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die wetgewing sal na verwagting volgende jaar in die Parlement ter tafel gelê word:

ENG GodongwanaOnGovernmentDebt