# Die voorspraakgroep SECTION27 het skerp kritiek teen die jongste Aansuiweringsbegroting uitgespreek en sê dit bied min in terme van betekenisvolle verandering vir gebruikers van die openbare gesondheidsorg- en onderwysstelsels. Die organisasie wys op die herprioritisering van 38,1-miljard-rand deur middel van die Geteikende en Verantwoordelike Besparingsprogram. Wat basiese onderwys betref, stel die aanpassing ‘n netto besnoeiing van altesaam 309-miljoen-rand voor. Mduduzi Nkosi van SECTION27 sê hulle doen ‘n beroep op die regering om te verseker dat noodsaaklike openbare dienste in basiese onderwys en gesondheidsorg in omvang en gehalte uitbrei:
BEGROTING: SECTION27 sê die Aanpassingsbegroting laat openbare gesondheid en onderwys in die steek [KLANK]
ENG NkosiONBudget