# RISE Mzansi verwelkom sekere aspekte van die 2025 Mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring, insluitend die hersiene drie persent-inflasieteiken en SARS se hupstoot van vier-miljard-rand, wat na verwagting 19,7-miljard-rand meer in inkomste sal insamel. Mabina Seabe van die party sê egter daar is steeds kommer oor die lae groeivooruitskatting van 1,2-persent, wat onvoldoende is om werk te skep. Hy sê die organisasie dring aan op beleggings in infrastruktuur, etiese plaaslike regeringsleierskap en goed gereguleerde openbare-privaat vennootskappe om volhoubare groei en ekonomiese insluiting te stimuleer:
BEGROTING: RISE Mzansi verwelkom begrotingsbeleidverklaring maar bekommerd oor lae verwagte groeikoers [KLANK]
ENG SeabeOnBudget