# Die kabinet verwelkom vanjaar se mediumtermyn-begroting wat Suid-Afrika se fiskale raamwerk vir die volgende drie jaar uiteensit. Die minister in die Presidensie, Khumbuzo Ntshavheni, sê die begroting gee voorkeur aan gesondheid, onderwys en maatskaplike toelaes sowel as groot infrastruktuur-beleggings in energie, water en vervoer. Sy beklemtoon dat die nuwe inflasieteiken van drie-persent koste sal verlaag, beleggingsvertroue sal verstewig en fiskale en monetêre beleid sal belyn om volhoubare groei en werkskepping te steun:
BEGROTING: Kabinet loof mediumtermyn-begroting wat fokus op bestendigheid en groei [KLANK]
ENG-NtshavheniOnBudget