# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, meen nou die ekonomie sal vanjaar teen 1,4-persent groei, laer as die 1,9-persent wat hy in Maart voorspel het. Hy het vandag sy derde begroting in Kaapstad voorgelê. Godongwana voorspel die reële BBP-groei sal oor die volgende twee jaar matig styg tot 1,6-persent in 2026 en 1,8-persent in 2027. Hy sê op die pad vorentoe bly die risiko’s hoog. Dit sluit in die verslegtende wêreldwye vooruitsigte, swakker as verwagte groei in die vierde kwartaal van 2024, en die voorgesette logistieke beperkings en hoër leenkoste.
BEGROTING: Godongwana sny ekonomiese groeiverwagtinge van 1,9% tot 1,4%