# ActionSA sê die tydelike verligting op brandstof wat aangekondig is in die mini-begroting, is nie genoeg om huishoudings wat finansieel onder druk is by te staan nie. Die party verwelkom die bykomende 4,4-miljard-rand vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om belastinginvordering te verbeter. ActionSA kritiseer die regering egter oor die verlaging van die ekonomiese groeivooruitsig na 1,2-persent en sê daar is geen duidelike plan om werkloosheid en armoede aan te pak nie. Alan Beesley van ActionSA sê die regering moet ook sterker optree teen onwettige handel.