# Die Bedingingsraad het beslis die woordvoerder van Maatskaplike Ontwikkeling, Lumka Oliphant, se afdanking was onregmatig. Sy is ‘n jaar gelede afgedank ná bewerings van wangedrag, wat sy ontken. Oliphant se afdanking hou verband met bewerings dat sy inligting uitgelek het oor oudminister Sisisi Tolashe se reis van drie-miljoen-rand na New York. Sy ontken sy was die bron van die inligting en bestempel haar afdanking as ‘n doelgerigte veldtog teen haar. Oliphant het die besluit voor die Bedingingsraad betwis en sal na verwagting op een November terugkeer na haar pos.
Bedingingsraad beslis Lumka Oliphant se afdanking was onregmatig