# Die Hooggeregshof in Johannesburg het ‘n finale verbeurdverklaringsbevel toegestaan aan die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid vir 326-miljoen-rand se bates van die korrupsiebeskuldigde sakeman, Hangwani Morgan Maumela, en sy geaffilieerde maatskappye. Volgens forensiese ondersoeke is die Maumela-sindikaat na bewering as ‘n hoogs georganiseerde netwerk bedryf wat die verkrygingstelsels by die Tembisa-hospitaal sistematies gemanipuleer het. Hulle het glo opgeblase tenders en kontrakte ter waarde van ongeveer twee-miljard-rand ontvang. NVG-woordvoerder Kaizer Kganyago sê die bates wat verbeurd verklaar is, sluit in luukse woonhuise in welgestelde gebiede en luukse voertuie:
Batebeslagleggingseenheid verkry finale verbeurdverklaringsbevel teen Tembisa-hospitaalsindikaatbates [KLANK]
ENG KganyagoOnAssets