# Basketbal: Gauteng se Toerisme-owerheid sê die aanbieding van vanjaar se Afrika-liga-eindtoernooi sal ‘n hupstoot wees vir toerisme en Pretoria se ekonomie bevoordeel. Die geleentheid in die SunBet-arena van ses tot 14 Junie sal na verwagting duisende plaaslike en internasionale besoekers lok. Ondersteunersones, kulturele uitstallings en bedrywighede vir die jeug sal aangebied word. Amptenare hoop die toernooi – ‘n eerste vir Suid-Afrika – sal Gauteng as primêre bestemming vir internasionale sportbyeenkomste vestig.
Basketbal: Toerisme-owerheid sê eindtoernooi van Afrika-liga sal Pretoria se ekonomie ‘n hupstoot gee