# Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Onderwys, Joy Maimela, het die Afrikaanse en Engelse taalbeleid in sommige Vrystaatse skole gekritiseer oor diskriminasie teen Afrikatale. Tydens besoeke aan Lejweleputswa-skole het sy ook ‘n tekort aan swart onderwysers by Orion Special, infrastruktuur-uitdagings, vandalisme, dwelmmisbruik en onbetroubare skoolvervoer uitgewys. Die komitee het omvattende verslae van die Departement van Onderwys en die munisipaliteit aangevra om die kwessies van taal, werwing en infrastruktuur aan te spreek.
Basiese Onderwyskomitee spreek kommer uit oor taalbeleid in sommige Vrystaatse skole