# Die Bankvereniging van Suid-Afrika sê klein, medium en mikro-ondernemings maak 91-persent van formele besighede uit. Volgens die vereniging dra KMMO’s 34-persent tot die bruto binnelandse produk by en het hulle 60-persent van die werksmag in diens. Tog sukkel die meeste om befondsing te bekom. Luncedo Mtwentwe van Vantage Advisory het aan die Daily Investor gesê slegs 25-persent van KMMO’s kan genoeg kapitaal verkry om uit te brei. Hy beklemtoon kapitaal is egter nie skaars nie, maar swak beleggersgereedheid en bestuur asook beperkte netwerke sluit baie ondernemings uit.
Bankvereniging sê KMMO’s is noodsaaklik vir die ekonomie, maar sukkel met befondsing