# Banksy het gister bevestig dat hy die groot standbeeld op ʼn voetstuk naby die Mall in die seremoniële hart van Londen opgerig het. Dit beeld ʼn man uit wat ʼn vlag swaai wat oor sy gesig waai. Banksy se handtekening is op die voetstuk. ʼn Video op die ontwykende straatkunstenaar se Instagram, wys dit is van ʼn tipe lae-bak-vragmotor afgelaai. Die figuur in ʼn pak klere se sig word deur die vlag versper. Een voet is oor die rand van die voetstuk en skep die indruk dat hy wil afklim. Mense bespiegel dat die werk blinde patriotisme uitbeeld.
Banksy rig standbeeld van vlagswaaiende man in sentraal-Londen op