# ‘n Tugkomitee van die polisie het die senior forensiese ballistiese ontleder Laurence Makgotloe skuldig bevind op twee aanklagte wat verband hou met die ondersoek na die moord op Armand Swart. Die ingenieur is in April 2024 in Gauteng vermoor. Die SABC berig Makgotloe is skuldig bevind aan oneerlikheid oor onder meer ‘n gewysigde ballistiese verslag en ‘n verandering aan regstellings-datums. Hy is op twee ander aanklagte onskuldig bevind. Makgotloe is vir ‘n maand sonder betaling geskors terwyl sy afsonderlike strafsaak in die Landdroshof in Pretoria voortduur.
Ballistiese ontleder van polisie vrygespreek op twee interne aanklagte, skuldig op twee ander