Skip to content

BackaBuddy verwyder fondsinsameling vir Peet Viljoen se regskoste

# Die skarebefondsingsplatform BackaBuddy het ‘n fondsinsamelingsveldtog verwyder wat van stapel gestuur is om die regskoste van die omstrede sakeman Peet Viljoen te dek. Hy staan tereg op meer as 400 aanklagte, insluitend bedrog, diefstal, korrupsie en vervalsing. ‘n Familievriend het die veldtog begin om 400-duisend-rand in te samel, maar het slegs sowat drie-duisend-500-rand ontvang voor dit gesluit is. BackaBuddy sê die fondsinsameling is verwyder in ooreenstemming met die platform se standaarde, bepalings en voorwaardes. Hulle sê kwalifiserende skenkings sal terugbetaal word.