Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 12 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Suid-Afrika se tekort op sy lopende rekening het in die tweede kwartaal amper verdubbel en tot 82,8-miljard-rand toegeneem vanaf 47,8-miljard-rand in die eerste kwartaal. Dit word toegeskryf aan swakker uitvoere en groter betalings aan buitelandse beleggers. # Mail & […]
# Die EFF sê hy ondersteun die Wysigingswetsontwerp op Immigrasie omdat alle mense se regte beskerm moet word, ongeag hul immigrasiestatus. Die Wetsontwerp wat onder meer sal verseker dat buitelanders wat aangehou word betyds geregtelike hersiening en regsbeskerming ontvang, is gister in die Nasionale Vergadering bekragtig. Suzan Thembekwayo van die EFF sê die regering het […]
# President Donald Trump van Amerika het bevestig die konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk, sal nadoods met die Presidensiële Vryheidsmedalje vereer word. Dis die hoogste burgerlike eer wat die president kan toeken. Kirk, ʼn Trump-ondersteuner, is Woensdag doodgeskiet terwyl hy by die Utah Valley University studente toegespreek het. Dit was die eerste geleentheid van sy America […]
# Die DA verwelkom die Nasionale Vergadering se bekragtiging van die Wysigingswetsontwerp op Immigrasie en sê dit versterk afdwinging terwyl dit regte beskerm. Die wetsontwerp sit duidelike reëls uiteen vir aanhouding, landdros-toesig en kinderbeskerming om regverdigheid en aanspreeklikheid te verseker. Adrian Roos van die DA sê die land se immigrasiestelsel is jare lank bedryf met […]
# President Cyril Ramaphosa lei vandag ʼn vergadering tussen die nasionale uitvoerende gesag en Noordwes se provinsiale uitvoerende gesag. Die tema is: ʼn Nasie wat vir almal werk. Dis deel van ʼn reeks vergaderings tussen die president en provinsies wat daarop gemik is om koördinering binne die regering, en dienslewering te bevorder. Die Presidensie sê […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die omstrede konsepwysigings aan die Nasionale Kredietwet van 2005 teruggetrek. Een van die voorgestelde wysigings het betrekking op hoe ‘n kredietburo kredietinligting van opvoedkundige instellings kan bekom. Die departement sê die minister se besluit is beïnvloed deur die meer as 20-duisend voorleggings wat die […]
# Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, het ses veranderinge aangebring aan die span wat Saterdag in Wellington teen Suid-Afrika uitdraf in hulle tweede Rugbykampioenskapstoets. Die nuweling Leroy Carter vervang Rieko Ioane op linkervleuel. Samisoni Taukei’aho staan in vir Codie Taylor, wat harsingskudding het. Will Jordan verskuif van heelagter na regtervleuel in die plek van […]
# Die finaliste vir die 14de Eco-Logic Toekennings is amptelik aangekondig. Dit erken prestasies in 12 kategorieë, insluitend oplossings vir klimaatverandering, waterbesparing, sirkulêre ekonomiese projekte, eko-modes en gemeenskapgedrewe projekte. Die finaliste sluit in Sankub, Wildlife ACT Innovations, Re.Bag.Re.Use en die Volhoubaarheidinstituut. Die stigter van die toekennings, David Parry-Davies, sê die finaliste verteenwoordig die beste Suid-Afrikaanse […]
# Katar se eerste minister, Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim al-Thani, glo Israel se aanval Dinsdag op Doha het alle hoop vernietig vir die ooblywende gyselaars. Die lugaanval het senior Hamas-leiers geteiken en vyf is dood. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die aanval was geregverdig want dit was gemik teen wat hy noem […]