# President Cyril Ramaphosa sê hy respekteer die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, se besluit om nie sy dringende hofaansoek teen te staan om die ampsklagverrigtinge teen hom in die Parlement te stop nie. Die president het aansoek gedoen vir ‘n hofbevel om die werk van die Ampsklagkomitee te staak hangende ‘n hersiening van […]
# Die ANC het die moord op raadslid Sicelo Mleve van wyk 27 in Nelson Mandelabaai veroordeel. Hy is deur onbekende gewapende mans doodgeskiet tydens ‘n vergadering in sy kantoor in Zwide, Gqeberha, kort nadat kieserregistrasie Saterdag gesluit het. Mleve is die derde raadslid wat in die huidige administratiewe termyn in Nelson Mandelabaai vermoor is. Die […]
# Die bemiddelaars, Pakistan en Katar, sê die samesprekings tussen Amerika en Iran in Switserland het in ʼn positiewe en opbouende atmosfeer plaasgevind. Die bemiddelaars sê in ʼn verklaring die partye het ingestem dat ʼn hoëvlak-komitee saamgestel word, wat politieke oorsig oor die mediasie sal hou. Washington en Teheran het ingestem tot ʼn sel om konflik […]
# Gholf: Die Amerikaner Wyndham Clark het sy tweede Amerikaanse Ope-titel opgeraap met ʼn een-hou-oorwinning oor sy landgenoot, Sam Burns, by Shinnecock Hills in New York. Die 2023-kampioen het op vier-onder 73 klaargemaak. Tom Kim van Suid-Korea is derde met een-onder. Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, is gelykop vierde in sy poging om ʼn loopbaan-Grand Slam te […]
The headlines of the leading newspapers on 22 June 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports Masego Shiburi of the Electoral Commission says most voter registrations were done in KwaZulu-Natal and the Eastern Cape over the past weekend. Shiburi says most of the registrations were from young people registering for the first time. # And the […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 22 Junie 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig Masego Shiburi van die Verkiesingskommissie sê die meeste kieserregistrasies is die afgelope naweek in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap gedoen. Shiburi sê die meeste registrasies was afkomstig van jongmense wat vir die eerste keer registreer. # En die Netwerk24-webblad: Berig die DA-leier, […]
# Tennis: Die 23-malige Grand Slam-kampioen, Serena Williams, keer as promotorskeuse amptelik terug na die enkelspel-kompetisie vir vroue by Wimbledon. Die 44-jarige Amerikaner het in die Amerikaanse Ope van 2022 laas ʼn enkelspel-wedstryd gespeel. Sy het twee dubbelspel-wedstryde gespeel sedert sy vroeër die maand ná vier jaar na mededingende tennis teruggekeer het. Williams, wat die enkelspel-titel […]
# Keir Starmer is volgens berigte gereed om hierdie week as eerste minister van die Verenigde Koninkryk te bedank. Volgens The Observer, stel Starmer ʼn program op vir sy ordelike vertrek. Daar is toenemend druk op hom om uit te tree nadat belangrike ministers bedank het. Boonop maak Andy Burnham se oorwinning verlede week in die […]
# Die gewese MK-partylid, Duduzile Zuma-Sambudla, sê sy voel nie verraai nadat haar pa, partyleier Jacob Zuma, haar uitgeskop het nie. Sy en die voormalige woordvoerder, Nhlamulo Ndlela, is verlede week weens vermeende wangedrag uit die party geskors nadat hulle beskuldig is van ongemagtigde optrede en dat hulle partyreëls oortree het. Zuma-Sambudla, wat ook beskuldig […]