# ANC Gauteng se woordvoerder en lid van die provinsiale wetgewer, die 54-jarige Mzikayifane Elias Khumalo, bekend as Mzi, is dood nadat hy gister in die vroeë oggendure na die hospitaal gehaas is. Khumalo het verskeie ampte in sy politieke loopbaan beklee, onder meer dié van LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake voor die […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die ervare veelsydige voorspeler, Deon Fourie, by die nasionale groep ingesluit vir die komende Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Die 39-jarige Fourie wat sy plek as losvoorspeler en haker kan vol staan, het laas vir die Bokke uitgedraf in die 2023 Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland in Parys. Hy […]
# Minstens 111 mense is dood nadat ‘n aardbewing van 7,4 die weste van Colombia gister getref het. Die aardbewingsentrum was in San José del Palmar in die Chocó-streek. Verskeie geboue het ineengestort of is beskadig, insluitend die Manizales-katedraal. Colombia se president, Abelardo De La Espriella, het ‘n Verenigde Bevelpos gestig om die reaksie op […]
# Rugby: SA Rugby het hulde gebring aan voormalige Springbok-haker Piston van Wyk, wat oor die naweek op 82-jarige ouderdom oorlede is. Hy het vir Noord-Transvaal en Natal gespeel, nou die Bulle en Haaie, en het tussen 1970 en 1976 in 15 toetswedstryde vir die Bokke gespeel. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, sê […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê ‘n persoon van belang word ondervra in verband met die moorde op vier mense in Reigerpark, Ekurhuleni. Twee beamptes van die Teen-bende-eenheid en twee burgerlikes is oor die naweek in Reigerpark doodgeskiet. ‘n Multidissiplinêre span van Gauteng, gelei deur die Valke, het twee R-5-gewere teruggevind wat […]
# Tennis: Vir die eerste keer in drie jaar is die wêreld-nommer-vier, Coco Gauff, terug in die kwarteindronde by die National Bank-ope in Kanada. Gauff het haar plek in die laaste agt in Toronto verseker met ‘n 6-3, 6-1 oorwinning oor die tiener-kwalifiseerder Alina Korneeva. Nadat sy in 2021 vir die eerste keer in Montreal […]
# Sewe mense is volgens die Jemenitiese weermag dood en 30 beseer in ‘n Houthi-aanval op Jemen se Rooi See-hawestad Mocha. Vier militêre personeellede en drie burgerlikes is onder die slagoffers. Die weermag sê hul lugverdediging het 11 Houthi-hommeltuie wat by die aanval betrokke was, onderskep en vernietig. Die Houthi-militêre woordvoerder, Yahya Saree, sê missiele […]
# Jemen se Iran-ondersteunde Houthi’s neem verantwoordelikheid vir ‘n hommeltuig-aanval op ‘n raffinadery teen die kus van die Rooi See in Saoedi-Arabië. Aanvalle van die gewapende groep het toegeneem sedert die 2022-skietstilstand verlede maand verbreek is. Die groep se militêre woordvoerder, Yahya Saree, het gesê die Houthi’s het daarin geslaag om die Aramco-raffinadery in Jizan […]
# Hokkie: Suid-Afrika se nasionale jeughokkiespanne het die eerste o.18 Jeughokkie-Afrikabeker in Kenia oorheers en sodoende vir die 2026 Wêreldbeker gekwalifiseer. Die SA o.18-meisies is as Afrika-kampioene gekroon en het die goue medalje met ‘n oortuigende 11–6 oorwinning oor die gasvroue verower. Intussen het die SA o.18-seuns dapper geveg, maar die silwermedalje huis toe geneem […]