# ANC Gauteng se woordvoerder en lid van die provinsiale wetgewer, die 54-jarige Mzikayifane Elias Khumalo, bekend as Mzi, is dood nadat hy gister in die vroeë oggendure na die hospitaal gehaas is. Khumalo het verskeie ampte in sy politieke loopbaan beklee, onder meer dié van LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake voor die verkiesing in Mei 2024. Hy was ook ANC-hoofsweep in die wetgewer. Gauteng se premier en die ANC se provinsiale sameroeper, Panyaza Lesufi, sê Khumalo was ʼn toegewyde dienaar:
ANC Gauteng betreur dood van woordvoerder Mzikayifane “Mzi” Khumalo [KLANK]
ENG LesufiOnKhumalo