# Die verhoor van die drie beskuldigdes in die diefstalsaak van miljoene rand se buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo in 2020, begin vandag in die Modimolle-streekshof. Imanuwela David, Froliana Joseph en Ndilinasho Joseph staar aanklagte van sameswering om huisbraak te pleeg in die gesig. Die NVG se streekswoordvoerder, Mashudu […]
# Die Madlanga-kommissie verwerp bewerings dat ondersoekers en getuienisleiers meer as normale tariewe betaal sal word. Die koste van die kommissie word op 147,9-miljoen-rand beraam. Dit sal na verwagting styg omdat die kommissie waarskynlik nie sy werk binne ses maande sal afhandel nie. Die ondersoekers en getuienisleiers sal oor die ses maande meer as 64-miljoen-rand betaal […]
# Krieket: Gister se beslissende T20 tussen Suid-Afrika en Engeland op Trent Bridge is weens reën afgestel sonder dat ʼn enkele bal geboul is. Die Proteas het die reën-ontwrigte aanvangswedstryd in Cardiff met 14 lopies gewen, waarna Harry Brook se span sake gelykop gemaak het op Old Trafford met ʼn rekord-sege van 146 lopies. Die […]
# Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het Sondag in Jerusalem met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, vergader. Dit volg ná Israel se aanval op ʼn Hamas-vergadering verlede week in Katar, ʼn belangrike Amerikaanse bondgenoot in die streek. Rubio se besoek volg terwyl Israelse magte voortgaan om woongeboue in Gaza-stad te vernietig, […]
# Die ANC-jeugliga het berigte van faksiegevegte en ‘n opvolgingstryd binne sy geledere verwerp en dit as vals en ‘n verdigsel bestempel. Volgens City Press was die jeugliga se Nasionale Algemene Raad wat verlede week gehou is, deurspek van vergaderings om ‘n mosie van wantroue teen president Collen Malatji in te dien. Die ANC-jeugliga sê […]
# Atletiek: Die 24-jarige Oblique Seville het sy Jamaikaanse landgenoot, Kishane Thompson, geklop om goud te verower in die mans-100-meter op die Wêreldkampioenskap in Tokio. Die verdedigende kampioen, Noah Lyles van Amerika, was derde. Dit is Jamaika se eerste wêreldnaelloop-titel sedert Usain Bolt in 2016. Die Suid-Afrikaners Gift Leotlela en Akani Simbine was vyfde en […]
# Die Gautengse polisiekommissaris Tommy Mthombeni het hulde gebring aan gevalle beamptes wat in die uitvoering van hul pligte gesterf het en sê hulle het getrou gebly aan hul ampseed. Hy het gister ‘n Provinsiale Herdenkingsdag in Johannesburg toegespreek. Vier beamptes is gedurende die 2024/2025-boekjaar in die provinsie aan diens dood. Kranse is gelê, en […]
# Coldplay het die einde van hul 10 vertonings op die Wembley-stadion wat rekords laat spat het, afgesluit met ‘n skitterende, veelkleurige aand van musikale towerkuns en die speel van treffers uit elke era van hul 25-jaar lange loopbaan. Die vertoning het die jongste deel van hul Music Of The Spheres-toer afgesluit, wat sedert 2022 […]
# Rugby: ‘n Uitstekende Springbok-span het hul naam in ere herstel na verlede week se swak vertoning teen hul aartsvyande, die All Blacks. Die All Blacks het teen rustyd met 10-7 in Wellington voorgeloop, met beide spanne wat ‘n drie gedruk het. Cheslin Kolbe het die Suid-Afrikaanse ondersteuners in die stadion op hul voete gehad […]