# Netflix se Adolescence het ses toekennings op die 77ste Emmy-toekennings opgeraap. Dit sluit in beste beperkte of kort reeks, terwyl die 15-jarige Owen Copper as beste ondersteunende akteur aangewys is in ‘n beperkte reeks vir Adolescence en daarmee die jongste manlike wenner geword het van enige kategorie vir toneelspel. Seth Rogen het vier Emmy’s […]
# Die Ducati-renjaer Marc Marquez is nader aan sy sewende MotoGP-titel nadat hy die San Marino Grand Prix in Italië gewen het. Die Spanjaard het die Aprilia-renjaer Marco Bezzecchi in die 12de ronde verbygesteek en nie weer teruggekyk nie. Bezzecchi was tweede en die Gresini Racing-jaer Alex Marquez derde. Die Suid-Afrikaner Brad Binder was tiende. Marquez, wat met […]
The headlines of the leading newspapers on 15 September 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports South Africa’s assets recovered last week, with the JSE closing at a record high and the rand rising to its best level in almost a year. The paper writes this was after a wave of corporate consolidation in the mining […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 15 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Suid-Afrika se bates het verlede week herstel met die JSE wat op ‘n rekordhoogtepunt gesluit het en die rand tot sy beste vlak in byna ‘n jaar gestyg het. Die koerant skryf dit was na ‘n vlaag van korporatiewe […]
# Die Nasionale Tesourie het hom op artikel 216 van die Grondwet beroep wat hom toestemming gee om fondse van staatsinstellings te weerhou wat wetgewing oor finansiële bestuur oortree. Munisipaliteite en staatsinstelling het die Ouditeur-generaal se kantoor einde Julie 1,83-miljard-rand geskuld. Dis ʼn aansienlike toename van die 1,35-miljard-rand wat in Maart aangeteken is. Herhaalde wanbetalers […]
# Die Europese Unie veroordeel Rusland se skending van Roemenië se lugruim. Dié land se ministerie van Verdediging sê hy het die naweek ʼn Russiese hommeltuig opgemerk toe twee F-16-vegvliegtuie die land se grens met Oekraïne gepatrolleer het. Pole het verlede week minstens drie Russiese hommeltuie in sy lugruim afgeskiet. Die EU-hoof van Buitelandse Beleid, […]
# Die ANC, onder leierskap van die nasionale uitvoerende komitee, het alle partyraadslede van reg oor die land saamgeroep vir ʼn verpligte byeenkoms vandag in Johannesburg. Die doel is om vordering te beoordeel, riglyne te verskaf en dienslewering te versnel met aanspreeklikheid as middelpunt van die party se bedrywighede. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, […]
# Gholf: Die Sweed, Alex Noren, klop Adrien Saddier van Frankryk in ʼn uitspeelstryd om sy tweede BMW PGA-kampioenskap by die Wentworth-klub in Engeland te buit. Hulle was gelykop op 19 onder baansyfer, wat drie houe voor die res was. Noren, wat Span Europa se onderkaptein is, het gewen nadat hy op die eerste ekstra […]
# Vandag is Internasionale Dag van Demokrasie, ‘n geleentheid om die stand van demokrasie in die wêreld te hersien. Vanjaar se tema is die Versekering van Effektiewe Bestuur van KI op Alle Vlakke. Dit beklemtoon die groeiende belangrikheid van kunsmatige intelligensie in die vorming van demokratiese prosesse en bestuur wêreldwyd. Die sekretaris-generaal van die Verenigde […]