# Batman No. 1, deur skrywer Matt Fraction en kunstenaar Jorge Jiménez, het meer as 500-duisend kopieë verkoop wat dit dusver die beste verkoper van die jaar maak. Die strokiesboek is ʼn hartlike, selfstandige storie wat Batman se speur-vaardighede en ook sy empatie en menslikheid teenoor ander uitbeeld. Batman No. 1 is uitverkoop by strokiesboekverspreiders en die […]
# Die voormalige vise-president van Amerika, Kamala Harris, het president Donald Trump se administrasie kritiseer oor sy aanslag op vryheid van spraak en sê dis blatante magmisbruik. Dit volg op die onbepaalde opskorting van Jimmy Kimmel se laataandprogram van ABC weens sy opmerkings oor die sluipmoord op die regse aktivis Charlie Kirk. Harris sê die […]
# Sokker: Die vyfmalige wenners, Barcelona, het hulle Kampioenskapsliga-veldtog op ʼn wen-noot afgeskop toe hulle Newcastle United op St James Park met 2-1 verslaan het. Marcus Rashford het twee vinnige doele in die tweede helfte aangeteken, terwyl Anthony Gordon in die 90ste minuut met een geslaag het. Erling Haaland spog met sy 50ste doel in […]
# Die burgemeester van Johannesburg Dada Morero sê hulle verstaan die frustrasie van inwoners van Coronationville en Westbury wat steeds sonder water is. Hy het gister met die gemeenskap van Coronationville geskakel. Hy sê hoewel toevoer in sekere gebiede herstel is, verhinder voortgesette vandalisme en sabotasie van die stad se infrastruktuur die herstelpogings. Hy sê […]
# Hamas sê eerste minister Benjamin Netanyahu se grondinval op Gazastad beteken Israel het geen kans meer om gyselaars, lewend of dood, uit die gebied te kry nie. Van die 48 gyselaars wat nog in Gaza aangehou word, lewe 20 vermoedelik nog. Israel het Woensdag sy inval op die buitewyke van Gazastad begin. Meer as […]
The headlines of the leading newspapers on 19 September 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports lieutenant general Nhlanhla Mkhwanazi told the Madlanga Commission that the arrest of crime intelligence chief lieutenant general Dumisani Khumalo was intended to delay the work of the political assassination task force. # Mail & Guardian on Fridays: Writes about the […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 19 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi het aan die Madlanga-kommissie gesê die inhegtenisneming van misdaadintelligensiebaas luitenant-generaal Dumisani Khumalo was bedoel om die werk van die politieke moordtaakspan te vertraag. # Mail & Guardian op Vrydae: Skryf oor die waterkrisis in Johannesburg en […]
# Eskom sê hy neem kennis van die Appèlhof se uitspraak wat die omgewingsgoedkeuring vir die voorgestelde gekombineerdesiklus-gaskragaanleg van drie-duisend megawatt in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, tersydestel. Die hof het bevind daar was onvoldoende openbare deelname en daar is nie met kwesbare gemeenskappe beraadslaag nie. Hy voer ook aan ander hernubare energiebronne of kumulatiewe omgewingsgevolge is nie […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering onderneem om oor die volgende drie jaar meer as een-duisend-miljard-rand te belê om openbare infrastruktuur en landsburgers se lewenstandaard te verbeter. Hy het gister by ʼn geleentheid van die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur en LUR’e in Gqeberha in die Oos-Kaap gepraat. Mashatile sê infrastruktuur-dienslewering is nie net […]