# President Cyril Ramaphosa sê die wêreld kyk na die G20 as die belangrikste forum vir internasionale ekonomiese samewerking om leiding te gee vir dringende uitdagings. Hy het gister deelgeneem aan die G20-vergadering van ministers van Buitelandse Sake by die Verenigde Nasies in New York. Ramaphosa sê Suid-Afrika se G20-presidentskap het verwagtinge oortref, met selfs […]
# President Cyril Ramaphosa sê die internasionale gemeenskap staar baie uitdagings in die gesig, met volhoubare ontwikkeling wat meer buite bereik raak. Hy het gister deelgeneem aan die G20-ministers van Buitelandse Sake se vergadering by die Verenigde Nasies in New York. Ramaphosa sê meer as 85-persent van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte is tans van koers af, […]
# Die One Club for Creativity het die name van 13 jong skeppendes bekend gemaak vir die Next Creative Leaders 2025, ‘n gratis wêreldwye kompetisie wat erkenning gee aan opkomende skeppende vroue en nie-binêres in die advertensiebedryf. Vier Suid-Afrikaners is op die kortlys. Die ander is van Kenia, Libanon, Jordanië en die Verenigde Arabiese Emirate. […]
# Die Madlanga Kommissie hoor vandag die getuienis van ‘n beampte van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se regsafdeling aan oor die wetgewende raamwerk wat die SAPD beheer. Die beampte sal die derde getuie wees na die verskyning van die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkwanazi, en die nasionale kommissaris van polisie, Fannie Masemola. Die getuienis wat die […]
# Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, dreig om sy party aan die regering van nasionale eenheid te onttrek. Dit sluit die ANC-beheerde koalisieregering in Johannesburg in. Die rede is Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, se versuim om Kenny Kunene onmiddellik weer as burgemeesterskomiteelid vir Vervoer aan te stel. Die PA-onderleier is van alle […]
# President Cyril Ramaphosa sê hy is optimisties dat Suid-Afrika ʼn voordelige handelsooreenkoms met Amerika sal bereik. President Donald Trump het verlede maand ʼn tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel nadat Pretoria versuim het om voor die sperdatum op 1 Augustus ʼn ooreenkoms met Amerika te bereik. Die regering het sedertdien ʼn voorstel vir […]
# Rugby: Die Springbokafrigter Rassie Erasmus sê hulle sal nie die gevaarlike Argentyne in Saterdag se Rugbykampioenskap-botsing in Durban onderskat nie. Die Bokke het tien van hul laaste 12 wedstryde sedert 2018 teen die Pumas gewen met hul enigste twee nederlae teen Argentinië die afgelope seisoen en in 2018. Erasmus sê die Los Pumas hou […]
# Gholf: Die tweemalige Major-wenner Collin Morikawa het die idee verwerp dat die Amerikaanse span betaling ontvang en daarom minder gedrewe is as die Europese span om die Ryder-beker te wen. Kritici het die Beroepsgholfspelersvereniging van Amerika se besluit om die Amerikaanse spanlede vir deelname aan die Ryder-beker te betaal, bevraagteken. Die Ryder-beker begin Vrydag […]
# Malawi se voormalige president, Peter Mutharika, het die verkiesing gewen en neem nou ʼn land oor met ʼn ekonomie in ʼn krisis, hoë lewenskoste, ʼn tekort aan buitelandse valuta en grootskaalse korrupsie. Die 85-jarige oudpresident het 56,8-persent van die stemme gekry teenoor 33-persent vir president Lazarus Chakwera. Mutharika, ʼn gewese regsprofessor, was van 2014 […]