Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 26 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig een van die wêreld se grootste name in digitale finansies, Revolut van Londen, het aangedui dat hy sy toetrede tot die Afrika-mark deur Suid-Afrika gaan doen. Die groep kyk na ‘n mark van sowat 1,3-duisend-miljard-rand wat uit streeksdoelwitte verhaal […]
# President Cyril Ramaphosa het sy oproep herhaal dat die Amerikaanse tariewe van 30-persent verlaag of opgehef word. Die president en sy afvaardiging het gister hul werksbesoek van vier dae by die Hoëvlak-segment van die 80ste sitting van die VN se Algemene Vergadering in New York afgesluit. Ramaphosa het aan die media gesê hy het […]
# Die Ekurhuleni-stadsraad het ʼn mosie verwerp dat die Ekurhuleni-metropolisiedepartement se adjunkhoof, Julius Mkhwanazi, geskors word. Hy word aangekla dat hy die onwettige oordrag van die stad se voertuie, veral dié met blou ligte, aan die vermeende misdaadbaas, Vusimuzi “Cat” Matlala, hanteer het. Mkhwanazi ontken die bewerings. Ekurhuleni se burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, sê die raad […]
# Die voormalige FBI-direkteur James Comey is deur ʼn federale jurie aangekla. Dit volg kort nadat die Amerikaanse president Donald Trump die prokureur-generaal, Pam Bondi, opdrag gegee het om Comey en ander amptenare wat hy as politieke vyande beskou, vinnig te vervolg. Die Justisiedepartement sê Comey word aangekla dat hy in September 2020 vals verklarings […]
# Netbal: Die Suid-Afrikaanse onder-21-span het geskiedenis gemaak deur die eerste keer ooit ʼn plek in die Netbal Jeug-wêreldbeker se halfeindronde in Gibraltar te bespreek. Die Baba-Proteas het die Cook-eilande in die kwarteindronde met 79–45 afgeransel. Suid-Afrika se vorige beste by die toernooi was ʼn vyfde plek. Die Baba-Proteas takel vandag in die halfeindronde die […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering sal die raamwerk vir gratis basiese elektrisiteit hersien om seker te maak dié wat kwalifiseer word reg gesubsidieer. Daar is tans sowat 2,1-miljoen klante wat volgens Eskom vir gratis basiese elektrisiteit kwalifiseer, maar slegs 485-duisend kry dit. Ramokgopa sê sodra slim-meters ingestel is, sal […]
# Rugby: Argentinië het drie veranderinge aangebring aan hul span wat Suid-Afrika Saterdag in hul voorlaaste Rugbykampioenskap-wedstryd in Durban takel. Voormalige kaptein Pablo Matera keer as flank terug na die opdrafspan nadat hy in Sydney op die bank begin het in hul oorwinning oor Australië in die vierde ronde. Franco Molina en Lucas Paulos is […]
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê daar is ʼn behoefte aan finansiële geregtigheid. Hy sê dit beteken die internasionale finansiële argitektuur moet hersien word om dit regverdiger en geskik vir vandag se realiteite te maak. Hy het gister deelgeneem aan die G20-vergadering van Buitelandse ministers in New York. Guterres sê wanneer uitleenkoste […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, doen ʼn beroep op G20-lande om samewerking te versterk en vertroue in multilateralisme te herbou. Hy het gister die G20-vergadering vir ministers van Buitelandse Sake by die Verenigde Nasies in New York toegespreek. Die tema van Suid-Afrika se G20-presidensie is Solidariteit, Gelykheid en Volhoubaarheid. Lamola […]