# Suid-Afrika het vyf internasionale Emmy-benoemings ontvang, die meeste ooit vir ‘n Afrika-land in een jaar. MultiChoice het vier benoemings gekry: vir Chasing the Sun 2, die Afrikaanse misdaaddrama Koek, die treffende dokumentêr School Ties en Catch Me a Killer, ‘n sielkundige riller wat aan Charlotte Hope in die rol van Micki Pistorius, ‘n benoeming […]
# Vandag is Internasionale Voedselverlies- en Vermorsingsdag, ‘n dag om bewustheid en gesamentlike optrede te bevorder om voedselverlies en -vermorsing te verminder. Wêreldwyd gaan sowat 13,2-persent van voedsel wat geproduseer word tussen oes en kleinhandel verlore, terwyl ‘n geraamde 19-persent van die totale wêreldvoedselproduksie in huishoudings, die voedselverskaffingsdiens en in kleinhandel vermors word. Die Verenigde […]
# Die Madlanga-kommissie van ondersoek het geweier om te bevestig of sy getuienisleier, advokaat Terry Motau, glo versoek het om die kommissie te verlaat. Dit volg minder as twee weke nadat die ondersoek op 17 September begin het. ‘n Woordvoerder van die kommissie, Jeremy Michaels, sê hulle gaan nie interne personeelaangeleenthede in die openbaar bespreek […]
# Moldawië se regerende pro-Europese party, gelei deur president Maia Sandu, gaan waarskynlik ʼn belangrike parlementêre verkiesing wen wat oorskadu is deur bewerings van Russiese inmengery. Met 96-persent stemme reeds getel, loop Sandu se Party van Aksie en Solidariteit voor met 46,6-persent van die stemme teenoor die pro-Russiese Patriotiese Verkiesingsblok se 26,6-persent. Peilings toon Sandu sal […]
# Gholf: Span Europa het Span Amerika se terugvegpoging weerstaan vir ‘n tweede agtereenvolgende Ryderbeker-titel met ‘n oorwinning van 15-13 op Bethpage Black in New York. Shane Lowry het ‘n voëltjie op die laaste putjie aangeteken om Russell Henley te klop en te verseker dat Europa die trofee behou. Tyrrell Hatton se gelykopuitslag met Collin […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Solidariteit se jongste besoek aan Amerika is ‘n doelbewuste strategie om die regering se verhouding met Washington te ondermyn. Die Solidariteitsbeweging, ‘n sambreelliggaam vir verskeie Afrikaanse belangegroepe insluitend AfriForum en Solidariteit, voer aan die hoofdoelwit van sy besoek was om handelsbetrekkinge te bespreek. Lamola […]
# Afgetrede regter Bess Nkabinde is aangestel as voorsitter van die ondersoek na die geskorste Gautengse direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, se bevoegdheid vir sy amp. Chauke word beskuldig dat hy sy mag as aanklaer misbruik het, onder meer om sonder bewyse ʼn afpersingsklagte teen KwaZulu-Natal se voormalige Valke-hoof, Johan Booysen, aanhangig te maak […]
# Minstens vier mense is gister dood en agt gewond tydens ʼn skietvoorval by die Mormoonse Kerk in die Grand Blanc Township, Michigan. Volgens owerhede het ʼn gewapende man tydens ʼn groot diens met sy voertuig by die kerk se voordeur ingebars, op lidmate losgebrand en die kerk aan die brand gesteek. Grand Blanc Township […]
# Krieket: Suid-Afrika het Pakistan in Colombo met vier paaltjies geklop in hulle laaste voorbereidings-wedstryd vir die komende Vroue-Wêreldbekertoernooi in Indië en Sri Lanka. Pakistan het eerste gekolf en is binne 46 boulbeurte uitgeboul vir 229 nadat Ayabonga Khaka en Masabata Klaas elk twee paaltjies platgetrek het. Suné Luus en Anneke Bosch het vyftigtalle behaal […]