# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het die afgedankte lede van die SA Toerismeraad beskuldig dat hulle onvanpaste taktiek gebruik het om haar onder druk te plaas om hulle weer aan te stel. Verlede maand het die afgedankte raadslede ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die minister se besluit […]
# Die ANC het Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, beskryf as ‘n toegewyde kader van die bevrydingstryd en dienaar van mense. Mthethwa, ‘n voormalige kabinetslid en voormalige lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, wat voorheen as minister van Polisie en minister van Kuns en Kultuur gedien het, is in ‘n hotel […]
# Die Cape Cultural Collective ondersteun deur Kunstekaap, bied sy eerste Sunset Poetry and Jazz Sessions-reeks aan, Where Words Meet the Groove. Die geleentheid sluit 90 minute se onvergeetlike optredes in, onder andere dié deur sielvolle sangers Thami Baba, Babalwa Mentjies en Mel Voegt, en woordkunstenaars Eugenia Zantoto, Winslow Schalkwyk en Zizipho Bam. Die Mamela-orkes […]
# Die DA-leier John Steenhuisen sê dringende hervorming is die enigste manier om werk te skep en geleenthede te ontsluit. Hy het Maandag die ANC-beheerde Emfuleni en die DA-beheerde Midvaal in Gauteng besoek as deel van ‘n landwye toer om die party se plan uiteen te sit om die ekonomie ‘n hupstoot te gee. Die […]
# Sokker: Suid-Afrika se Amajita het met 2-1 die onderspit gedelf in hulle Groep E-openingswedstryd van die Fifa Onder-20 teen Frankryk in Chile. Anthony Bermont van Frankryk het die span se eerste doel in die 25ste minuut aangeteken om hulle te laat voorloop. Suid-Afrika het die telling gelyk gemaak danksy ‘n strafskop wat deur Jody […]
# Die Israelse premier Benjamin Netanyahu sê die Amerikaanse president Donald Trump se 20-punt-vredesplan vir Gaza sal hulle oorlogsdoelwitte behaal en vrede in die Midde-Ooste dramaties bevorder. Die twee leiers het gister in die Withuis vergader. Die plan sluit in dat Israelse magte gedeeltelik onttrek word om voor te berei vir ‘n gyselaarsvrylating, die terugkeer […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 30 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n web van korrupsie by Tembisa-hospitaal ontdek, waarby skelm amptenare van beide die Gautengse Gesondheidsdepartement en die hospitaal betrek word. Die SOE se tussentydse verslag identifiseer ten minste drie hoofsindikate en verskeie kleiner groepe wat […]
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, vra groter deelname van die jeug in parlemente en globale besluitnemingsplatforms. Volgens die Interparlementêre Unie is slegs 2,8-persent van die wêreld se parlementariërs jonger as 30 en 73-persent hoërhuise het geen lede jonger as 30 nie. Didiza het die P20 Jong Parlementariërs Forum toegespreek en beklemtoon […]
# Netbal: Die Noordwes-universiteit se Arende is die Varsity-netbalkampioene nadat hulle die verdedigende kampioene, die Vrystaatse Kovsies, in die eindstryd in Bloemfontein met 57–49 verslaan het. Dis die Arende se derde titel en hulle eerste sedert 2016. Die Kovsies het die pas aangegee en die eerste driekwart van die wedstryd oorheers. Die Arende het in […]