Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 03 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die ANC het erken dat misdaadnetwerke sy geledere binnegedring het, die mislukking van die regeringsprojekte aangehelp het en openbare vertroue ondermyn het. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula sê die party is geïnfiltreer deur misdadige elemente, insluitend georganiseerde kartelle, […]
# Krieket: Bangladesj het hul tweede oorwinning ooit by ʼn Vroue-Wêreldbeker behaal toe hulle Pakistan met sewe paaltjies afgeransel het by hulle openingswedstryd in Colombo. Shorna Akter spog met ʼn loopbaan-beste van drie paaltjies vir slegs vyf lopies, met Pakistan wat na 38 boulbeurte en drie balle op 129 almal uit was. In antwoord daarop het […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê byna 42-duisend mense, wat sowat tien-duisend kinders insluit, leef in Gaza met lewensveranderende beserings weens die voortslepende konflik. Hy sê die gesondheidstelsel stort ineen onder die konstante druk terwyl die oorlog voortduur. Dokter Rik Peeperkorn van die WGO sê meer as vyfduisend mense het amputasies en ander ernstige beserings aan hul […]
# Gholf: Die Suid-Afrikaners Louis Oosthuizen, Herman Loubser, Michael Hollick en Richard Sterne het almal ʼn goeie begin gehad by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap in Skotland. Die vier is net twee houe agter die voorlopers, Matthew Jordan van Engeland, die Amerikaner Ryan Brehm en Darius van Driel van Nederland op nege onder baansyfer. Van hierdie […]
# Die Withuis sê president Donald Trump verwag dat Hamas sy vredesvoorstel vir Gaza aanvaar. Die 20-punt vredesplan, wat Israel aanvaar het, sluit in die vrylating van alle gyselaars, die onttrekking van Israelse magte uit Palestynse gebied, en die ontwapening van Hamas. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê indien Hamas die plan verwerp, sal […]
# Die DA sê Woensdag se optrede in Kaapstad waar die polisie klopjagte uitgevoer en vermeende ampsmisdrywe deur amptenare ondersoek het, bewys die metro sal nie misdaad of korrupsie verdra nie. Die polisie het lasbriewe uitgevoer by 26 persele in Kaapstad, en dit hou verband met vermeende tenderbedrog van 1,6-miljard-rand. Willie Aucamp van die DA […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het ʼn Spesiale Begrotingswet in die Parlement voorgestel om 754-miljoen-rand toe te ken ná tekorte ontstaan het sedert Amerika befondsing aan die gesondheidsektor gestaak het. Die Amerikaanse Hooggeregshof het verlede week ʼn bevel verleng wat president Donald Trump toelaat om hulp aan die buiteland te staak. Dit raak […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het nuwe rekeningkundige beheer oor al 21 Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede aangestel. Die aanstellings volg op ‘n hoëprofiel-polemiek vroeër vanjaar waartydens die voormalige minister, Nobuhle Nkabane, ‘n lys SETA-raadsvoorsitters met politieke bande onttrek het, na openbare en parlementêre kritiek. Manamela sê hierdie aanstellings dui op […]
# Die polisie sê die dodelike aanval op ‘n sinagoge in Manchester, Engeland, is as ‘n terroriste-voorval verklaar. Twee mense is gister dood en nog vier gewond toe ‘n man met ‘n motor tussen voetgangers buite die Heaton Park Hebreeuse Gemeente-sinagoge ingery en mense met ‘n mes aangeval het. Die aanval het op Yom Kippur, […]