# Die Verenigde Arabiese Emirate het Israel gewaarsku dat die anneksasie van die besette Wesoewer ‘n rooilyn sal oorskry en die strewe na streeksintegrasie beëindig. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu sal vandag ‘n kabinetsvergadering byeenroep om anneksasie te bespreek. Dit is in reaksie op die planne van verskeie groot Westerse lande om ‘n Palestynse staat […]
# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê infrastruktuur is steeds ‘n katalisator vir volhoubare en inklusiewe ekonomiese groei. Die regering sal oor die volgende drie jaar meer as 940-miljard-rand aan infrastruktuur bestee, wat 375-miljard- rand in besteding deur staatsinstellings insluit. Dié befondsing sal paaie en brûe opknap, damme en waterweë bou, hawens en lughawens […]
The headlines of the leading newspapers on 04 September 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports the Western Cape government has filed an application with the Constitutional Court to have the National Health Insurance Act declared unconstitutional. The provincial government says Parliament has failed to fulfil its constitutional obligation to facilitate public involvement in the legislative […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 04 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Wes-Kaapse regering het ‘n aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering ongrondwetlik te laat verklaar. Die provinsiale regering sê die Parlement het nie sy grondwetlike verpligting nagekom om openbare betrokkenheid by die wetgewende […]
# Die MK-party beskuldig die regering daarvan dat hy by die polisie-ondersoek na politieke moorde inmeng. Dit volg na die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola en die waarnemende polisieminister Firoz Cachalia ooreengekom het om afskrifte van 121 dossiere van die KwaZulu-Natalse taakspan vir politieke moorde aan die Madlanga-kommissie van ondersoek te stuur. David Skosana van die […]
# Minstens 15 mense is dood en 18 ander beseer na Lissabon se beroemde Glória-kabelspoor in Portugal ontspoor en neergestort het. Volgens berigte het ‘n kabel langs die spoorlyn se roete losgekom, wat veroorsaak het dat dit beheer verloor en teen ‘n nabygeleë gebou gebots het. Owerhede sê daar was buitelandse burgers onder die oorledenes, […]
# Gholf: Jacques de Villiers van Suid-Afrika het ‘n openingsronde van 63 geslaan om die voortou te neem saam met Joe Knox van Engeland op sewe onder baansyfer in die Sonskyntoer se Sunbet Challenge by die Wild Coast Sun-buiteklub in Port Edward. Albert Venter is twee houe agter die voorlopers en hulle naaste uitdager op […]
# Die adjunkhoofregter Dunstan Mlambo waarsku dat sonder onafhanklikheid die wettigheid van die regbank en sy vermoë om vryheid te beskerm, sal ineenstort. Hy het gister die hooftoespraak gelewer by die opening van die J20-beraad van Konstitusionele en Hooggeregshowe in Johannesburg. Die tweedaagse beraad word gehou onder die tema Geregtigheid in ‘n tyd van Verandering: […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het oproepe vir die volle openbaarmaking van die Jeffrey Epstein-lêers van die hand gewys. Dit volg terwyl wetgewers druk uitoefen vir die onthulling van meer dossiere wat verband hou met die oorlede finansier en veroordeelde seksoortreder se saak. Dinsdag het die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se Toesigkomitee meer as […]