# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste sê tronke moenie sentrums vir verdere onwettigheid wees nie. Die komitee het verlede week oorsigbesoeke gebring aan gevangenisse in die Oos- en Wes-Kaap. Die Departement van Korrektiewe Dienste is toenemend onder druk om toe te slaan op items wat onwettig in tronke gebruik word, en verbind word met […]
# Tennis: Nommer 204 in die wêreld, Valentin Vacherot, het sy neef, Arthur Rinderknech, verslaan en die Sjanghai Meesters, sy eerste ATP-toertitel, opgeraap. Die 26-jarige van Monaco was ʼn stel agter, maar het teruggeveg om die laagste gekeurde ATP Meesters 1000-kampioen in die geskiedenis te word. Die tweemalige Grand Slam-kampioen, Coco Gauff, het haar Amerikaanse […]
# Israel se regering sê hy verwag dat al 20 lewende gyselaars wat in Gaza deur Hamas aangehou word, vanoggend aan die Rooikruis oorhandig sal word. Dis deel van die eerste fase van die vredesooreenkoms waarop verlede week ooreengekom is. Hamas hou 48 mense gyselaar, waarvan 20 vermoedelik nog lewe. Israel sal byna twee-duisend Palestynse […]
# Die geskorste nasionale adjunkpolisiekommissaris, Shadrack Sibiya, sal vandag begin om voor die Parlement se ad hoc-komitee te getuig. Die komitee ondersoek bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die polisiediens. Sibiya se getuienis volg nadat sy huis in Centurion verlede Donderdag deursoek is, waar beslag gelê is op verskeie elektroniese toestelle. Die deursoeking-en-beslagleggingsoperasie vorm […]
# President Cyril Ramaphosa sê die land se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, het die strewe van Suid-Afrikaners ondersteun, en hy het dit met nederigheid gedoen. Hy het gister die lofrede by die Siyabonga Sangweni-sportkompleks in KwaMbonambi, KwaZulu-Natal gelewer tydens Mthethwa se begrafnis. Ramaphosa sê die lewe van Mthethwa bied verskeie diep en toepaslike lesse […]
# Krieket: Pakistan het herstel ná ‘n mini-ineenstorting om die eerste dag van die eerste toets teen Suid-Afrika in Lahore af te sluit op 313 vir vyf. Die tuisspan het vier paaltjies vir 36 lopies verloor. ‘n Tweedepaaltjie-vennootskap van 161 lopies tussen Imam-ul-Haq en kaptein Shan Masood, en ‘n onoorwonne sesdepaaltjie-vennootskap van 114 tussen Mohammad […]
# Sokker: Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê Wêreldbeker-kwalifisering is steeds in hulle hande in vanaand se deurslaggewende Groep C-kragmeting met Zimbabwe in Durban. Suid-Afrika was boaan die punteleer met 17 punte, maar het drie punte verbeur vir die gebruik van ‘n ontoelaatbare speler teen Lesotho in Maart. Die span is nou gelyk met […]
# Die direkteur-generaal van die Internasionale Energie-agentskap, Rafael Mariano Grossi, sê namate Afrika-lande na kernkrag beweeg, is samewerking die sleutel om te verseker dat die vordering veilig en seker is. Meer as 20 Afrika-lande ondersoek die potensiaal van kernenergie, met Suid-Afrika en Egipte wat reeds die voortou neem. Grossi sê finansiering en regulering sal die […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Mariene Beskermde Gebiede bevorder kustoerisme, van duik tot walviskyk, terwyl bioverskeidenheid terselfdertyd beskerm word. Volgens beramings deur die Oseane-ekonomie-meesterplan kan Suid-Afrika se oseaan-ekonomie teen 2035 166-miljard-rand tot die bruto binnelandse produk bydra en meer as 600-duisend werksgeleenthede skep. George sê die ambisieuse vooruitskatting […]