# Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die oplossing vir bekostigbare brandstofpryse is die beskerming van die gas- en petroleumsektor. Hy het gister lede van die Parlement toegespreek tydens die Nasionale Raad van Provinsies se vraag-en-antwoordsessie met uitgesoekte ministers in die ekonomiese groep. Mantashe sê binnelandse brandstofpryse word beïnvloed deur faktore […]
# Die Amerikaanse Departement van Justisie het president Donald Trump se voormalige raadgewer oor nasionale sekuriteit, John Bolton, strafregtelik aangekla. Volgens die klagstaat, staar die 76-jarige Bolton agt aanklagte dat hy inligting oor nasionale verdediging versprei en tien aanklagte dat hy inligting oor nasionale verdediging verswyg het, in die gesig. Aanklaers beskuldig hom dat hy […]
The headlines of the leading newspapers on 17 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports the South African food industry is on the eve of the biggest consolidation in more than a decade. This comes after Premier announced plans to acquire RFG in a share swap deal. The paper writes that this will create a […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 17 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Suid-Afrikaanse voedselbedryf is op die vooraand van die grootste konsolidasie in meer as ‘n dekade. Dit volg nadat Premier planne aangekondig het om RFG te verkry in ‘n aandeleruiltransaksie. Die koerant skryf dit sal ‘n voedselkragbron met byna […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê hy is bekommerd oor die misleidende storie in ʼn nasionale publikasie met die opskrif: “Hunger Stalks Gauteng Pupils”. Die saak hou verband met een diensverskaffer in die Nasionale Skoolvoedingsprogram in Tembisa, Ekurhuleni. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê hy het Woensdag kennis geneem dat een diensverskaffer weier om ʼn […]
# President Donald Trump sê hy sal sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, in Hongarye ontmoet om te beraadslaag oor die einde van die oorlog in Oekraïne. Dit volg na hulle telefoongesprek gister. Die twee leiers het in Augustus in Alaska van aangesig tot aangesig ontmoet. Intussen ontvang Trump vandag die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, by […]
# Die parlementêre ad hoc-komitee wat KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings ondersoek, het nou tot 28 November om sy werk af te handel. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die uitstel toegestaan. Die komitee moes sy werk aanvanklik teen einde Oktober afhandel. Dit ondersoek bewerings van misdadigheid, politieke inmengery en […]
# Rugby: Rugby’s Greatest Rivalry-toer tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland is amptelik bevestig. Tydens die afwisselende vierjaarlikse toer sal die Springbokke in Augustus en September volgende jaar gasheer wees vir die All Blacks. Nieu-Seeland sal teen die Stormers, Haaie, Bulle en Leeus speel, asook ʼn reeks van vier toetse teen die Bokke. Drie toetse sal in […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het herhaal dat sy regering militêre optrede sal hervat indien sy land weer aangeval word. Hamas het tydens ʼn skietstilstandooreenkoms die laaste 20 oorlewende gyselaars na Israel teruggestuur, maar slegs nege liggame van die 28 gyselaars wat in aanhouding dood is. Netanyahu het hom gister tydens ʼn herdenkingseremonie […]