# Die kantoor van die Israelse eerste minister sê Benjamin Netanyahu het beveel dat die Rafah-kruising tot verdere kennisgewing gesluit moet bly. Die kantoor sê die opening van die kruising sal oorweeg word op grond van Hamas se vordering met die terugbesorging van die oorledene gyselaars en die toepassing van die ooreengekome raamwerk. Die Palestynse […]
# Gholf: Die Sonskyntoer-nuweling Warwick Purchase het dinge warm gemaak op ‘n koue dag by die Glendower Gholfklub met ‘n derde rondetelling van 62, 10 onder baansyfer, wat hom ‘n voorsprong van drie houe in die Fortress Invitational gee. Purchase lei die veld op 17 onder na ‘n ronde met altesaam nege voëltjies, ‘n arend […]
# Gaza se Hamas-beheerde burgerlike verdediging sê 11 mense is dood, almal van dieselfde familie, nadat ‘n Israelse tenkgranaat die bus waarin hulle was in die noorde van Gaza getref het. Die Abu Shaaban-gesin het probeer om hul huis te bereik om dit te inspekteer toe die voorval Vrydagaand in die Zeitoun-woonbuurt van Gazastad plaasgevind […]
# Rugby: ‘n Triomfantlike Ulster-span het die Haaie met 34-26 in Durban geklop om slegs hul derde Verenigde Rugbykampioenskap-oorwinning op toer die afgelope jaar te behaal. Die Ulster-oorwinning was selfs meer indrukwekkend, aangesien dit teen ‘n Haai-span was wat hul ster-Springbokke teruggebring het, met die uitsondering van die beseerde Aphelele Fassi. Ulster was doeltreffend en […]
# Rugby: Die Leeus is uiteindelik op ‘n wenpad nadat twee laat drieë deur plaasvervanger Morne Brandon hulle ‘n 29-18 oorwinning besorg het oor die Scarlets in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd gister op Ellispark. Die wedstryd is in aanhoudende reën gespeel en was geensins ‘n klassieke sege nie, maar ‘n desperate oorwinning deur ‘n span onder […]
# Motorsport: Red Bull se Max Verstappen het McLaren se titelaanspraakmakers, Lando Norris en Oscar Piastri, in die laaste oefenronde geklop om die voorste wegspringplek vir die Amerikaanse Grand Prix-snelwedren later vandag te verseker. Die Nederlander het albei McLaren-jaers in die laaste drie gewone Grands Prix geklop, maar bly 63 punte agter die kampioenskapsvoorloper, Piastri. […]
# Gholf: Daniel van Tonder het ‘n bysteek op die eerste bof oorkom om die voorsprong te deel met die begin van spel die naweek in die Sonskyntoer se Fortress Invitational by die Glendower Gholfklub. Van Tonder het gister ‘n tweede ronde van 69 aangeteken om ‘n voorsprong van een hou met Christiaan Burke te […]
# Tennis: Die Italiaanse tweede gekeurde Jasmine Paolini het haar hoop om vir die WTA-eindstryd te kwalifiseer, lewend gehou met ‘n stewige terugvegoorwinning oor Belinda Bencic, deur gister Switserland se Olimpiese gouemedaljewenner in Tokio in die Ningbo Ope-kwarteindronde te klop. Paolini sal die derde gekeurde Elena Rybakina in die halfeindronde ontmoet, nadat die Russies-gebore Kazakh […]
# Motorsport: George Russell is oortuig dat sy nuwe Mercedes-ooreenkoms die beste kans bied om ‘n Formule Een-titel te wen wanneer die sport volgende jaar ‘n nuwe enjin-era betree. Die Brit het hierdie seisoen reeds ‘n wenmotor gehad, met twee oorwinnings, maar daar word algemeen verwag dat Mercedes volgende jaar die beste kragbron sal hê, […]