# Die ANC sê hy verwelkom Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaners se standpunt. Byna 50 Afrikaner-akademici, -kerkleiers en ander -beroepspersone het saam ʼn brief geskryf en geteken met die titel: Not in our Name: Afrikaners Respond to the Misuse of Their Story in US Politics. In die brief verwerp hulle die Amerikaanse siening wat Afrikaners as slagoffers van […]
# Motorsport: McLaren-renjaer Lando Norris het uit sy voorste wegspringplek ʼn besliste oorwinning behaal by die Mexiko-stad Grand Prix, en loop nou voor in die bestuurderskampioenskap. Die Brit het 30 sekondes voor Charles Leclerc van Ferrari oor die wenstreep gejaag met Max Verstappen van Red Bull in die derde plek. Haas-renjaer Ollie Bearman het die eerste […]
# Die metaalwerkersvakbond NUMSA sê hy het ʼn dooiepunt bereik in sy salarisonderhandelinge in die voertuigbedryf en ʼn staking is moontlik. Die dooiepunt het betrekking op die verhoging wat werkgewers aanbied om die onderhandelinge vir die volgende drie jaar af te handel. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het ʼn 6,5-persent salarisverhoging vir die eerste jaar […]
# Amerika het ʼn raamwerkooreenkoms met China bereik om te keer dat ʼn bykomende 100-persent tarief op Chinese invoere gehef word. Dit kom in aanloop tot Donderdag se belangrike ontmoeting tussen president Donald Trump en sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping. Die Chinese regering sê in ʼn verklaring albei onderhandelingspanne het ʼn basiese ooreenkoms bereik oor […]
# Die regering het ʼn reeks versoeke vir inligting uitgereik om idees en beleggings uit die privaat sektor te kry om Suid-Afrika se spoornetwerk te moderniseer en uit te brei. Die versoek sluit ʼn reeks areas in, soos reisgeldstelsels, depotbestuur en die kommersialisering van die Passasierspooragentskap se veselnetwerk om digitale verbinding te bevorder. Die minister […]
# Tennis: Die topgekeurde Jannik Sinner het sy vierde titel van die seisoen en sy 22ste loopbaan-kroon gebuit toe hy die Weense Ope in Oostenryk gewen het. Die Italianer was een stel agter, maar het ingehaal en die Duitser, Alexander Zverev, geklop. Die 24-jarige Sinner is die eerste man wat agt ATP-eindwedstryde in agtereenvolgende seisoene […]
# Franse polisie het twee verdagtes gearresteer in verband met die diefstal van kosbare juwele uit die Louvre se Apollo-galery in Parys. Agt stukke ter waarde van sowat 1,2-miljard-rand is verlede Sondag uit die wêreld se gewildste museum gesteel toe vier diewe helderoordag by die gebou ingebreek het. Volgens berigte is albei in hulle dertigs, […]
# Die Lugvaartowerheid het met ʼn ondersoek begin nadat ʼn ligte vliegtuig gister in die snoepie van Hoërskool Alberton in Ekurhuleni beland het. Die vlieënier en die instrukteur aan boord het volgens berigte geen beserings opgedoen nie. Die Gautengse Onderwysdepartement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die voorval sal nie skoolbedrywighede of die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het ‘n ondersoek gelas nadat die spesiale verslaggewer van die Verenigde Nasies oor die besette Palestynse gebiede, Francesca Albanese, onreëlmatig deur ‘n balju met hofstukke beteken is. Die voorval het plaasgevind terwyl Albanese Saterdag in Suid-Afrika was vir ‘n geleentheid van die Nelson Mandela-stigting. Die […]