# Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, sê as die gasheerland is Suid-Afrika in ‘n uitsonderlike posisie om sy G20-presidentskap te benut om plaaslike en internasionale korrupsie-uitdagings aan te pak. Die derde vergadering van die G20-teenkorrupsiewerkgroep vind hierdie week in Mpumalanga plaas. Die voorsitterskap word gedeel deur Mothibi en Marcelo Pontes Vianna van […]
# ’n Agt-en-dertig-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op twee jong vroue in Mamelodi-Oos, Pretoria, oor die naweek. Die liggame van die vroue in hul vroeë twintigs is Sondag langs die pad gevind met skietwonde in hul koppe. Polisiewoordvoerder Tintswalo Sibeko sê ’n derde vrou is ook tydens die voorval […]
# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is vol hoop vir hulle veeleisende Europese toer van vyf weke. Suid-Afrika speel volgende maand in die Noordelike Halfrond teen Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis. Die eerste groep spelers en bestuurslede het die naweek vertrek, en die volledige groep kom vandag in die Verenigde Koninkryk byeen […]
# Die Presidensiële Klimaatkommissie sê terwyl Suid-Afrikaanse klimaatfinansieringsvloei ‘n positiewe opwaartse neiging toon, moet beleggings ten minste twee- tot drievoudig toeneem om aan beleggingsbehoeftes te voldoen. Binnelandse bronne dra byna 60-persent van die totale klimaatfinansiering by, terwyl internasionale klimaatfinansieringsbronne die ander 40-persent bydra. Die kommissie sê energie oorheers klimaatbeleggings, met ‘n jaarlikse gemiddelde van 139,5-miljard-rand, […]
# Die Europese Parlement het sy voorkeure aanvaar vir die Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingskonferensie in Brasilië volgende maand. COP30 sal fokus op pogings wat nodig is om aardverwarming tot 1,5 grade Celsius te beperk, en vordering met die finansieringsbeloftes wat op COP29 gemaak is. ‘n Lid van die Europese Parlement, Lídia Pereira, sê hulle wil […]
# Sokker: Arsenal het hul voorsprong op die Premierliga-punteleer vergroot ná ʼn 1-0-sege oor Crystal Palace op die Emirates-stadion. Die voormalige Palace-speler, Eberechi Eze, het die enigste doel van die wedstryd aangeteken en die Gunners hul sewende agtereenvolgende oorwinning in alle kompetisies besorg. Arsenal loop nou met vier punte voor op die punteleer en is […]
# Die Madlanga-kommissie sal vandag getuienis van ‘n forensiese ballistiese kenner van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Pretoria aanhoor. Die kommissie ondersoek bewerings van kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie binne die strafregstelsel. Die forensiese ballistiese kenner sal na verwagting bewyse lewer wat verband hou met die moord op die Vereeniging-ingenieur Armand Swart, wat vermoedelik ‘n geval […]
The headlines of the leading newspapers on 27 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports the ratings agency Moody’s has expressed doubts about Eskom’s ability to use the capital markets again for funding in the next three years to raise billions of rand to invest in infrastructure. Moody’s says executing Eskom’s ambitions will not be […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 27 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die graderingsagentskap Moody’s het twyfel uitgespreek oor Eskom se vermoë om weer die kapitaalmarkte te gebruik vir befondsing in die volgende drie jaar om miljarde rand in te samel om in infrastruktuur te belê. Moody’s sê die uitvoering van […]