# Trampolienspring: Matthew Bosch het ‘n geskiedkundige vertoning gelewer op die 38ste Wêreldkampioenskap in Spanje en die sesde plek in die senior eindronde verower. Die 25-jarige Bosch van Gqeberha in die Oos-Kaap het teen die wêreld se elite deelgeneem en die eerste Suid-Afrikaanse man in meer as ‘n dekade geword wat vir ‘n Wêreldkampioenskaps-eindstryd gekwalifiseer […]
# Australiese wetenskaplikes het ‘n nuwe inheemse byspesie met klein horinkies ontdek en dit ‘n gepaste duiwelse naam gegee. Navorsers het die Megachile Lucifer ontdek terwyl hulle ‘n seldsame veldblom waargeneem het wat slegs voorkom in die Bremer-gebergtes in Wes-Australië se goudstreek, 470-kilometer oos van Perth. Die hoogs kenmerkende, opsigtelike horings kom slegs op wyfiebye […]
# Turkye het aangekondig dat 20 van sy soldate dood is toe ‘n militêre vragvliegtuig gister in Georgië neergestort het. Dit is die NAVO-lidland se dodelikste militêre voorval sedert 2020. Die C-130-vragvliegtuig was onderweg van Azerbeidjan na Turkye toe dit in Georgië neergestort het, met stukke verwronge metaal op die ramptoneel. Ankara het nie die […]
# Die voormalige Malawiese president, Bakili Muluzi, het sy bemiddelingspan onttrek aan pogings om die geskil te besleg tussen die Zambiese regering en die familie van wyle oudpresident Edgar Lungu. Die familie wil ‘n privaat begrafnis in Suid-Afrika hê waar hy in Junie in ‘n hospitaal dood is na ‘n hartaanval. Die Zambiese regering dring […]
# Die geskiedkundige Mellon Blue-diamant is vir sowat 439-miljoen-rand verkoop op Christie’s se veiling in Genève. Die pragtige helderblou steen van 9,51-karaat is vernoem na die bekende kunsbeskermvrou, wyle Rachel “Bunny” Mellon. Die peervormige diamant was die ster-item op die Magnificent Jewels-veiling in die Switserse stad. Hoewel die prys ooreenkom met die voorgestelde veilingsbedrag, bevestig […]
# ‘n Geregtelike ondersoek na die dood van die anti-apartheidsleier Steve Biko is vandag in die Hooggeregshof in Gqeberha heropen – 48 jaar na sy dood in polisie-aanhouding. Die Nasionale Vervolgingsgesag het goedkeuring van die minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, bekom na nuwe getuienis van die Waarheids- en Versoeningskommissie. Dit het onthul […]
# Die veroordeelde misdadiger en vriend van die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya, Stuart Scharnick, sê hy ken die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, al drie jaar. Scharnick het vanoggend ‘n lastersaak teen Khumalo by die Pretoria Sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak. Hy het Khumalo tydens ‘n onderhoud met Newzroom Afrika daarvan beskuldig dat hy onder eed […]
# Cricket: The order of play had been changed for the second Test between South Africa and India because of early sunsets in Guwahati. It gets dark in the far north-eastern city from about four in the afternoon. Play will start at nine in the morning local time – 5.30 am in South Africa – […]
# Krieket: Die Australiese snelbouler Josh Hazlewood is na ‘n besering fiks verklaar vir die eerste toets om die As teen Engeland, maar Sean Abbott is uitgesluit. Hazlewood en Abbott is albei vir mediese skanderings gestuur nadat hulle spierbeserings opgedoen het op die derde dag van Nieu-Suid-Wallis se Sheffieldskild-wedstryd teen Victoria in Sydney. Krieket Australië […]