# ‘n Vrou wat beweer sy is ‘n fortuinverteller en ‘n feng shui-meester, en haar dogter word daarvan aangekla dat hulle byna 780-miljoen-rand geswendel het uit kwesbare Viëtnamese burgers in Australië. Die 53-jarige en haar 25-jarige dogter is in Dover Heights in Sydney aangekeer. Volgens die polisie was hulle deel van ‘n hoogs-gesofistikeerde bedrog- en […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering versterk vennootskappe om ekonomiese groei te bevorder deur programme soos die Strategiese Vennootskapsprogram en die Regering se Sakevennootskap. Hy het virtueel gepraat tydens die Tuinroete se Ekonomiese koördinerings-rondetafeldialoog in Knysna in die Wes-Kaap. Mashatile sê hierdie projekte benut privaat beleggings om infrastruktuur, jeug-werkverskaffing en doeltreffendheid te bevorder. Hy […]
# Rugby: Die hoofafrigter van die Junior Springbokke, Kevin Foote, het verskeie rotasieveranderings aan die Suid-Afrikaanse onder-19-akademiegroep aangebring vir môreaand se kragmeting met Ierland in Cork. Foote probeer om al die spelers speeltyd te gee, en het vier veranderings aangebring aan die beginspan, vyf aan die agterlyn en nog ses op die bank. Kaptein Riley […]
# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se personeelhoof, Cedrick Nkabinde, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê hy is in 2018 uit die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat geskors nadat hy die destydse uitvoerende direkteur, Robert McBride, en die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan verkla het. Nkabinde beweer sy verslag aan die gewese minister van Polisie, […]
# China se ministerie van Buitelandse Sake het aangekondig premier Li Qiang gaan volgende naweek die G20-beraad in Suid-Afrika bywoon. ‘n Woordvoerder sê Li sal ook Maandag en Dinsdag ‘n geleentheid van die Sjanghai-samewerkingsorganisasie in Rusland bywoon, en Zambië Woensdag en Donderdag besoek. Hy sê Li se teewoordigheid by die G20-beraad beklemtoon China se verbintenis […]
# Die Australiese staat Victoria het die land se eerste verdrag met inheemse mense as wet onderteken. Kampvegters beskou dit as ‘n belangrike stap in die rigting van versoening, om die land se eerste inwoners meer toesig te gee oor besluite wat hulle raak. Die verdrag, wat op 12 Desember in werking tree, bied ‘n […]
# President Cyril Ramaphosa sê infrastruktuur gee mense die grondslag om te floreer. Hy het gepraat op die tweede Nasionale Bouberaad in Boksburg, Gauteng. Ramaphosa sê gehalte-infrastruktuur verhoog produktiwiteit, verlaag lewenskoste en vuur belegging aan. Hy voer aan die boubedryf kan gemeenskappe hervorm deur werk te skep en dienste te verbeter. Ramaphosa voeg by dat […]
# Tennis: Vyf van die wêreld se toptien-mans en vier van die toptien-vroue sal in Januarie in die Verenigde Bekertoernooi in Australië speel. Die tweemalige kampioen, Span Amerika, sal deur Taylor Fritz en Coco Gauff gelei word. Die wêreld-nommer-drie, Alexander Zverev, sal Span Duitsland aanvoer, terwyl Alex de Minaur die aanval sal lei vir die […]
# Die leier van die EFF, Julius Malema, sê Solidariteit en AfriForum moet vervolg word vir bedrywighede wat die land se soewereiniteit ondermyn het. Die drukgroepe het ‘n sigbare, strategiese rol gespeel om Amerikaanse sienings van Suid-Afrika se grondonteienings-beleid, gesprekke oor minderheidsregte en Afrikaner-voorspraak te vorm. Malema sê Suid-Afrika moet nooit in gedrang gebring word […]