# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, verwelkom die Mededingingskommissie se finalisering van die Media- en Digitale Platform-markondersoek. Hy loof die inklusiewe proses wat op bewyse gegrond is en let daarop dat bevindings en regstellings van die uiterste belang is vir Suid-Afrika se media-sektor. Tau wys op uitdagings soos krimpende advertensie-inkomste, die […]
# Die kabinet verwelkom vanjaar se mediumtermyn-begroting wat Suid-Afrika se fiskale raamwerk vir die volgende drie jaar uiteensit. Die minister in die Presidensie, Khumbuzo Ntshavheni, sê die begroting gee voorkeur aan gesondheid, onderwys en maatskaplike toelaes sowel as groot infrastruktuur-beleggings in energie, water en vervoer. Sy beklemtoon dat die nuwe inflasieteiken van drie-persent koste sal […]
# Die kabinet verwelkom die inwyding van Suid-Afrika se eerste laboratorium vir plaaslike produkontwikkeling in Kaapstad en beskryf dit as ‘n groot stap in die rigting van volledige entstof-vermoë. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê Biovac se hipermoderne aanleg, wat toegerus is met gevorderde tegnologie, sal plaaslike vernuwing aanspoor, Afrika se vernaamste siektes […]
# Die kabinet sê Suid-Afrika is gereed om volgende naweek die G20-leiersberaad in Nasrec, Johannesburg, aan te bied, asook die G20-maatskaplike beraad in Ekurhuleni van Dinsdag tot Donderdag. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die land het 130 van die 132 voorbereidende vergaderings sonder voorval aangebied en grootliks ooreenstemming bereik oor Afrika se […]
# Die polisie in KwaZulu-Natalse het onthul die sakeman Stuart Scharnick word verbind met 29 misdaad-dossiere reg oor die provinsie, meestal vir voertuigdiefstal en motorkapings. Die onthullings volg nadat Scharnick meineed- en lasterklagte teen die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, ingedien het. Die waarnemende adjunk- provinsiale kommissaris vir Misdaadopsporing, Anthony Gopaul, het aan die media […]
# Rugby: Springbok head coach Rassie Erasmus rang the changes for Saturday’s Test against Italy in Turin. There are 12 changes to the squad that broke French hearts with a convincing 32-17 victory in the Stade de France in Paris last weekend. The only players remaining in the starting-15 are captain Siya Kolisi, prop Boan […]
# Vanjaar se Verantwoordelike Dobbelberaad in Johannesburg fokus op Suid-Afrika se groeiende aanlyn dobbelkrisis en swak regulering. Afgevaardigdes sal praat oor nuwe standaarde en tegnologieë om kwesbare gemeenskappe te beskerm. Die direkteur van die Suid-Afrikaanse Verantwoordelike Dobbelforum, Sibongile Simelane-Quntana, sê die beraad sal konsentreer op die bekamping van onwettige dobbelary, aangesien sommige Suid-Afrikaners nie weet […]
# Die Landelike Gesondheidsbelangeprojek sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se fokus op staatsdoeltreffendheid in die mediumtermynbegroting verskaf geen besonderhede oor die beskerming van kwesbare burgers nie. Alhoewel hy pogings verwelkom om vermorsing te verminder en groei te verbeter, waarsku Russell Rensburg van die groep teen befondsingsgapings in MIV- en TB-programme en sê die […]
# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se personeelhoof, Cedrick Nkabinde, het voor die Parlement se ad hoc-komitee verwys na sy hegte vriendskap met die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi. Mkhwanazi het hom betrek by hulp aan Mchunu met die opstel van die brief vir die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde. Mchunu het […]