# Die Vereniging van Staatsamptenare het bevestig dat kommissaris Edward Kieswetter die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se werk-van-die-huis-af-beleid onttrek het en daarop aandring dat werknemers terugkeer kantoor toe. Die vakbond sê hoewel die SAID geen amptelike beleid hieroor gehad het nie, is dit ingevolge die Werknemer-waardevoorstel toegelaat. Dit is ‘n sambreel van voordele en waardes wat die […]
# Inspekteur George Raftopoulos van die Gautengse Verkeersdepartement het bevestig dat hy ‘n helikopter na die omstrede sakeman Katiso KT Molefe se huis gestuur het na berigte oor ‘n vals operasie. Raftopoulos sê hy het videobewyse geneem oor moontlike geraasklagtes vir Taktiese Operasionele Bestuur en die Burgerlugvaartowerheid. Hy het bewerings van inmenging met ‘n wettige […]
# Minstens twee mense is dood in ‘n hommeltuigaanval in Oekraïne se suidwestelike Odessa-streek, met Rusland wat voortgaan met aanvalle op Oekraïne se infrastruktuur. Die Staatsnooddiens sê twee mense is dood in ‘n Russiese hommeltuigaanval op ‘n parkeerterrein langs Oekraïne se Swartseekus. Odessa se streekhoof, Oleh Kiper, sê drie ander mense is gewond. Tienduisende huise […]
# Die Madlanga-kommissie het beklemtoon dat die hoof van die Valke se eenheid vir Taktiese Operasies, brigadier Lesiba Mokoena, moet terugkeer om te getuig na teenstrydige verklarings oor deelname aan ‘n polisie-WhatsApp-groep. Getuienisleier Lee Segeels-Ncube sê Mokoena vra tans ‘n regsmening. Die voorsitter, regter Mbuyiseli Madlanga, sê Mokoena moet terugkeer na die getuiebank om teenstrydige […]
# Thailand en Kambodja het begin met die onttrekking van swaar wapentuig en ontmynings-operasies langs hul betwiste grens as deel van stappe om spanning te verlig. Dit volg nadat die lande se leiers verlede week ‘n verbeterde wapenstilstands-ooreenkoms in Kuala Lumpur onderteken het in die teenwoordigheid van die Amerikaanse president, Donald Trump. Die woordvoerder van […]
# ‘n Twee-en-dertigjarige man van Peterborough, Anthony Williams, is aangekla van poging tot moord op tien mense na die naweek se mesaanval op ‘n trein in Cambridgeshire, Engeland. Die minister van Vervoer, Heidi Alexander, sê ‘n treinwerker wat gehelp het om die aanval te stop, is in ‘n bedenklike maar bestendige toestand. Verskeie passasiers het […]
# ActionSA het amptelik benoemings vir sy burgemeesterskandidaat in Johannesburg geopen na Vrydag se Senaatsbesluit. Dit volg op groeiende kommer oor staatsbestuur en dienslewering sedert die einde van Herman Mashaba se ampstermyn. Mashaba het reageer op oproepe vir sy terugkeer en gesê hy sal besin terwyl hy ander sterk mededingers toelaat om na vore te […]
# Agt Kaaptadse strande het blouvlagstatus vir die 2025/26-seisoen verwerf, waarvolgens uitnemendheid in veiligheid, watergehalte en omgewingsbestuur erken word. Die strande, wat tydens die Blouvlag-toekennings in Port Alfred in die Oos-Kaap aangekondig is, is Bikini-strand, Kampsbaai, Clifton se Vierde Strand, Vishoek, Llandudno, Melkbosstrand, Muizenberg en Silwerstroomstrand. Die program word gekoördineer deur die Natuurlewe- en Omgewingsvereniging […]
# Padwedlope: Die tweemalige Olimpiese marathonkampioen Eliud Kipchoge sê hy gaan oor die volgende twee jaar sewe marathons op sewe vastelande hardloop. Hy wil daarmee help om fondse in te samel vir die Eliud Kipchoge-stigting, wat opvoedkundige en omgewingsake wêreldwyd ondersteun. Die Keniaanse legende noem hierdie uitdaging die Kipchoge-wêreldtoer. Hy was gister 17de in die […]