# Sokker: Turkye se beheerliggaam het 102 spelers van topvlak-klubs tydelik geskors oor ‘n verergerende weddenskap-skandaal. Vyf-en-twintig spelers van die Super Lig en 77 van die tweedevlak-afdeling is geskors vir tydperke van tussen 45-dae tot ‘n jaar. Meer as ‘n duisend spelers is na die federasie se beroeps-dissiplinêre raad verwys in die voortgesette ondersoek. Die […]
# Suid-Afrika se grootste lugredery, FlySafair, sê hy het ‘n ooreenkoms met vlugbemanning bereik wat ‘n dooiepunt oor salarisse beëindig ‘n week voor die land wêreldleiers verwelkom vir die G20-beraad. Die redery sê hy het ‘n ooreenkoms van vier jaar aangegaan met die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging, maar het geen besonderhede verstrek nie. Bemanningslede is langer as […]
# Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, hou vol die party beskerm sy identiteit ingevolge die wet in die Appèlhofsaak teen die MK-party oor die gebruik van die Umkhonto we Sizwe-naam en -kenteken. MK sê die erfenis behoort aan alle veterane van die vryheidstryd. Die saak fokus op intellektuele eiendom, kopiereg en handelsmerk-betoë. Ramaphosa het […]
# Die KwaZulu-Natalse Direkteur van Openbare Vervolging, Elaine Harrison, sê daar is verwikkelinge in die saak van die veroordeelde misdadiger Stuart Scharnick. Die waarnemende speurhoof, Anthony Gopaul, beweer Scharnick, wat met die geskorste adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya verbind word, is deur korrupte amptenare beskerm. Ondersoeke het vroeër aan die lig gebring daar is moontlik met sy […]
# President Cyril Ramaphosa sê daar word ondersoek ingestel na die saak van 153 Palestynse vlugtelinge wat na Suid-Afrika gebring is. Die vlugtelinge het gister meer as 12 uur op ‘n vliegtuig op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng gesit voordat hulle die gebou kon binnegaan. Ramaphosa het in Kliptown, Soweto, gesê Binnelandse Sake, […]
# Krieket: Suid-Afrika se kolforde het in duie gestort op die eerste dag van die eerste toets teen Indië op Eden Gardens in Kolkata en hulle is vir ‘n skrale 159 uitgeboul. Die Proteas het die loot gewen en verkies om te kolf, en was op 57 sonder verlies voor Jasprit Bumrah met sy verwoestende […]
# President Volodimir Zelensky het soldate naby Oekraïne se suidoostelike front gewaarsku oor die noodsaak om linies te versterk nadat hulle grondgebied verloor het in toenemende hoë-intensiteit-gevegte teen Rusland. Hy sê die situasie naby Orikhiv is van die ergstes en Russiese magte moet daar gekeer word om die stad Zaporizhzhia te beskerm. Nie een van […]
# Rugby: Italië se hoofafrigter, Gonzalo Quesada, het sy span grootliks onveranderd gelaat vir môre se toets teen Suid-Afrika in Turyn, na verlede naweek se oorwinning oor Australië. Stut Marco Riccioni vervang Simone Ferrari wat terug is op die bank. Italië se enigste vorige oorwinning uit 18 kragmetings teen Suid-Afrika was in 2016. Ferrari is […]
# President Cyril Ramaphosa sê hy sal die G20-presidentskap aan die Amerikaanse afvaardiging oorhandig, selfs al beteken dit die dokumente word op ‘n leë stoel geplaas, indien president Donald Trump of ander Amerikaanse verteenwoordigers nie opdaag vir volgende naweek se leiersberaad in Johannesburg nie. Hy het tydens ‘n skoonmaakveldtog in Kliptown, Soweto, Suid-Afrika se verbintenis […]