# Krieket: Die vierde T20 tussen Nieu-Seeland en die Wes-Indiese Eilande is weens reën afgelas na minder as sewe boulbeurte. Die Windies is ingestuur om eerste te kolf en het in hulle sewende boulbeurt 38 vir een bereik toe ‘n tweede reënbui die wedstryd op die Saxton-ovaal in Nelson beëindig het. Nieu-Seeland loop 2-1 voor […]
# Die openbare verhore van die Khampepe-kommissie van ondersoek is tot die 26ste van die maand uitgestel om mondelinge voorleggings oor die aansoek om onttrekking van senior advokaat Ishmael Semenya toe te laat. Die stap volg op prosedurele geskille rondom die lei van getuienis en die rol van getuienisleiers teenoor partye se regsverteenwoordiging. Die kommissie […]
# Lede van die MK-party se parlementêre koukus vra die partypresident Jacob Zuma om ‘n forensiese oudit te laat doen na meer as 70-miljoen-rand wat na bewering uit parlementêre fondse verdwyn het. Volgens Mail and Guardian ontvang die party sowat 6,3-miljoen-rand maandeliks om kiesafdelingskantore te bestuur, maar geen kantore bestaan nie. Koukuslede wil hê Zuma […]
# Die afgetrede adjunkhoof van die Ekurhuleni Mtropolisie, Revo Spies, sê ‘n ooreenkoms tussen Medicare 24 EMS en Anubis-beskermingsdienste in 2021 is onderteken deur die EMPD se adjunkhoof, Julius Mkhwanazi. Spies het aan die Madlanga-kommissie gesê die ooreenkoms, waarvolgens privaat maatskappye toegelaat is om voertuie onder die EMPD te registreer en polisieligte te gebruik, was […]
# Agt mense is dood in ‘n laatnag-botsing op die N2 naby die Scottburgh-afrit in KwaZulu-Natal. Vyf van die slagoffers was kinders. Volgens Arrive Alive het ‘n ligte voertuig van agter teen ‘n vragmotor gebots, met twee mense in ‘n bedenklike toestand. Die owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
# Iran beplan om met tussenposes watertoevoer na Teheran se bevolking van 10-miljoen af te sny te midde van die ergste droogte in dekades. Plaaslike amptenare sê vanjaar se reënval in die hoofstad was die laagste in ‘n eeu. Die helfte van Iran se provinsies het vir maande nie ‘n druppel reën gekry nie. President […]
# Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, het die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya verdedig en sê hy ken hom slegs as ‘n toegewyde polisiegeneraal, nie ‘n rampokker nie. Dit volg na foto’s op sosiale media van Sibiya en die PA-adjunkpresident Kenny Kunene, asook bewerings by die Madlanga-kommissie wat hom met misdadigers verbind. […]
# Sokker: Manchester City het opgeskuif na die tweede plek op die Premierliga-punteleer na hulle die heersende kampioene Liverpool op die Etihad-stadion met 3-0 geklop het. Erling Haaland het sy 99ste Premierliga-doel geskiet, met Nico Gonzalez en Jeremy Doku wat ook doele aangeteken het. City is nou slegs vier punte agter die voorloper Arsenal, wat […]
# Suid-Korea se voormalige president, Yoon Suk Yeol, word nou ook aangekla van magsmisbruik en hulp aan ‘n vyandelike staat weens sy kortstondige afkondiging van krygswet verlede jaar. Die land se spesiale aanklaer sê Yoon het probeer om militêre konflik tussen Suid- en Noord-Korea uit te lok deur krygswet af te kondig, en verwys na […]