# SANParke sê hy bestuur steeds sporadiese opvlammings van die brande in Tokai en Silwermyn in die Tafelberg Nasionale Park. Die woordvoerder, Charles Phahlane, sê die publiek word versoek om die staproetes vir hul eie veiligheid te vermy. Hy voeg by die gebied is steeds op sekere plekke onbestendig:
# Senior Amerikaanse en Chinese amptenare vergader die naweek in Genève, Switserland, om ‘n ontlonting van hul skadelike handelsoorlog te bespreek. President Donald Trump het ‘n tarief van ten minste 145-persent op die meeste Chinese invoere geplaas, en China het gereageer met ‘n tarief van 125-persent op sommige Amerikaanse invoere. Die Amerikaanse minister van Finansies, […]
# Die studente aan die Universiteit van Kaapstad sal baat vind by beurse van 2,5-miljoen-rand van Mpumalanga Valves Services en Eskom Rotek Industries. Die beurse is geskep in reaksie op die Afdeling Finansiële Hulp se veldtog om 110-miljoen-rand in te samel vir die oorbrugging van die gaping wat weens die NSFAS-akkommodasieplafon ontstaan het. Die UK […]
# Breadline Africa het ‘n volledig toegeruste, voorafvervaardigde kombuis aan Diepsloot Primary School in Gauteng verskaf. Die skenking sal verseker dat meer as tweeduisend leerders daaglikse voedsame maaltye ontvang. Die nuwe kombuis vervang ‘n beknopte, verouderde ruimte en maak reeds ‘n groot verskil. Die skoolhoof, Johannes Makhafola, het die projek geprys en gesê dit wys […]
# Die Stad Tshwane sê hulle ondervind ‘n hoë vraag na krag in die meeste van sy sewe streke, met van die hoogste gebruik in Soshanguve. Die metro-woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die hoë vraag in Soshanguve het druk op die netwerk geplaas, wat gebiede soos Blokke BB en DD beïnvloed. Hy sê dit het die […]
# Die GOOD-party vra pous Leo die 14de om in die voetspore van sy voorgangers te loop deur geregtigheid, deernis en gelykheid te bevorder. Die 69-jarige Robert Prevost, wat in Chicago gebore is, is die eerste Amerikaner wat tot pous verkies word. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die pous neem die heilige verantwoordelikheid op […]
# Altesaam 348 verdagtes is gister vir verskeie strafregtlike oortredings aangekeer in Villiera en Silverton in Tshwane. Die polisie se woordvoerder, Johan van Dyk, sê hulle is in hegtenis geneem vir misdade wat strek van moord, verkragting en gewapende roof tot aanranding. Hy sê ‘n padblokkade in Slverton het gelei tot die aanhouding van 73 […]
# Die Stad Tshwane het die kragtoevoer afgesny na twee bekende toeristebestemmings in Hartbeespoort – Glen Afric Country Lodge en Eagle Waters Resort. Dit vorm deel van sy verskerpte Tshwane Ya Tima-invorderingsveldtog. Glen Afric skuld na bewering meer as 13-miljoen-rand, terwyl Eagle Waters se uitstaande skuld vier-miljoen-rand beloop. Die veldtog het ook ander wanbetalers geteiken, […]
# Die DA in die Wes-Kaap moedig nie-regeringsorganisasies aan om steeds lewens te verander deur samewerking, meelewing en gemeenskapsgees. Byna 33-duisend mense het verlede jaar toegang tot sielkundig-maatskaplike hulp gehad en meer as 19-duisend-500 gesinne het voordeel getrek uit die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se Gesinsbewaringsprogram. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê NRO’s, burgerlike […]