# Die DA in Gauteng bring vandag ʼn oorsigbesoek aan geïdentifiseerde brandpunte in Boksburg, Ekurhuleni. Crezane Bosch van die party sê diefstal en vandalisme aan infrastruktuur ondermyn dienslewering en ontwrig inwoners se lewens. Sy sê die gevolge van hierdie misdadige aktiwiteite sluit in die vorming van sinkgate, verkeersligte wat nie werk nie, giftige brande en […]
# Die DA loof die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, vir die afdwinging van werklike aanspreeklikheid. Die minister het gister die bevindinge van ‘n forensiese ondersoek na die tender vir ‘n suurstof-aanleg van 800-miljoen-rand vrygestel. Die verslag het ingewortelde verkrygings-onreëlmatighede, bedrog en bestuursmislukkings binne die Onafhanklike Ontwikkelingstrust aan die lig gebring. Edwin […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê dis onaanvaarbaar dat ʼn adjudantoffisier by die Lentegeur-polisiekantoor op diens bly terwyl hy skuldig bevind is op talle aanklagte van bedrog. Hy is betrek by die vermeende verkoop van polisiedossiere en in minstens twee interne tugprosesse skuldig bevind. Nicholas Gotsell van die DA sê die beampte het tydens […]
# Solidariteit verwelkom die Amerikaanse regering se erkenning van die wreedheid en uniekheid van plaasaanvalle in Suid-Afrika. Dit volg op ‘n ondersoek deur die Amerikaanse Departement van Buitelandse sake se Buro vir Demokrasie, Menseregte en Arbeid. Hy het bevind dat plaasaanvalle nie gewone misdade is nie, maar dat slagoffers in sekere gedokumenteerde gevalle gemartel of […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika is gekant teen oorlog en verkies dialoog bo geweld. Hy het die Verenigde Nasies se tweestaat-konferensie in New York toegespreek wat daarop gemik is om die voortslepende konflik tussen Israel en Palestina op te los. Lamola sê daar kan nie vrede wees terwyl […]
# The US Environmental Protection Agency is seeking to repeal a landmark environmental decision to regulate greenhouse gas emissions and fight climate change. This would rescind a 2009 declaration that determined that carbon dioxide and other greenhouse gases endanger public health and welfare. America is the world’s second-largest emitter of greenhouse gases, and historically has emitted […]
# Die Oos-Kaapse regering sê hy maak beduidende vordering in sy pogings om die gesinne te hervestig wat deur die Junie-vloede geraak is en wat 103 mense se lewens geëis het. Hervestigingsbedrywighede is hervat in die Mnquma- plaaslike munisipaliteit in die Amathole-distrik en die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit in die OR Tambo-streek. Die woordvoerder van die […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die kruispunt van geopolitieke, binnelandse en handelskwessies definieer die huidige dooiepunt tussen Suid-Afrika en die VSA die beste, en ‘n herstelling is onvermydelik. Die nuwe Amerikaanse tariewe, wat bepaal dat Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika aan ‘n 30-persent invoertarief onderworpe sal wees, tree Vrydag in […]
# ActionSA in Gauteng sê dis onverstaanbaar dat ʼn staatskool van miljoene rand tydens ʼn dringende behoefte aan funksionele en veilige leeromgewings op ʼn ekologies sensitiewe en ondoelmatige perseel gebou word. Dit volg na onthullings dat die Bachana Mokwena Primary School in Ga-Rankuwa in ʼn vleiland gebou is. ActionSA-woordvoerder John Moodey sê die provinsiale departemente […]